Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma: DA het vrae oor onkoste

Die dokumente wat die presidensie by die hof ingedien het om te bewys dat daar magtiging was vir die betaling van oud-pres. Jacob Zuma se regskoste, bewys eintlik niks.

Jacob Zuma

Dit is wat die DA aanvoer in ’n aanvullende verklaring wat hy die afgelope week in die hooggeregshof in Pretoria ingedien het. Die DA vra dié hof om te bepaal wie aanspreeklik is vir Zuma se huidige, toekomstige en terugwerkende regskoste. Zuma se rekening tot dusver beloop minstens R15,3 miljoen.

James Selfe, die party se federale voorsitter, sê in die verklaring die presidensie se gegewens wys nie wie wanneer toestemming gegee het dat Zuma onbepaald sy eie private advokate en prokureurs kan gebruik nie. Selfe sê baie van die ingediende dokumente is nie onderteken nie. Ander dokumente is bloot onleesbaar of net gedeeltes daarvan is ingedien.

Daar is briewe met opdragte vir staatsbetalings, maar die voorafgaande magtigings is nie ingedien nie, sê hy. In van die gevalle het Zuma se prokureurs versuim om kostebepalings in te dien vir die hofdae en -ure en die getal senior en junior advokate wat gebruik sou word.

Zuma het luidens die stukke voor die hof minstens ses keer voorheen die staat versoek om vir sy private regspan op te dok. Die presidensie het vir dié uitgawes betaal, “maar dit is onduidelik of daar hoegenaamd ooit finale goedkeuring daarvoor verskaf is”, voer die DA aan.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër vanjaar die staat se appèl teruggetrek teen adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, se staatskapingsbevinding dat Zuma vir die regskoste verantwoordelik is.

Die presidensie het tot 28 Mei om op Selfe se stukke te reageer. Vroeër het die presidensie sy volle samewerking belowe.

Die presidensie het nie teen saktyd op navrae gereageer waarom daar gebreke was met die inligting nie.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Dokumente  |  Presidensie  |  Regskoste  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.