Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma: Dis laster, sê 2

Die twee ANC-bekendes wat Maandag deur oudpres. Jacob Zuma voor die Zondo-kommissie as apartheidspioene uitgewys is, beoog om hom aanspreeklik te hou vir sy “lasterlike” bewerings. “Hy probeer die nasie se aandag aflei van die werklike kwessies waarop hy moet antwoord,” sê genl. Siphiwe Nyanda, voormalige kabinetsminister en oudhoof van die weermag.

Zuma beweer dat Nyanda opdragte van die apartheidspolisie ontvang het en dat adv. Ngoako Ramatlhodi, voormalige minister van mineralebronne, in Lesotho as spioen gewerf is. Ramatlhodi het vroeër voor Zondo getuig Zuma het die land “opgeveil”.

Nyanda win regsadvies in.

Ramatlhodi het Vrydag gesê hy wag dat Zuma sy getuienis voltooi en sluit nie die moontlikheid uit om Zuma te dagvaar nie, maar verkies steeds dat albei ’n leuenverklikkertoets ondergaan.

“Hy wil die grafte heropen en dis nie wat ek wil doen nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.