Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma grawe eie graf, sê Nyanda

Siphiwe Nyanda, voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), is die mees onlangse ANC-leier wat oudpres. Jacob Zuma uitdaag om ’n leuenverklikkertoets te ondergaan.

Siphiwe Nyanda, Zondo
Siphiwe Nyanda

Dit is om sy (Zuma se) bewerings te steun wat sekere partyleiers aan apartheidsintelligensieagentskappe verbind. Zuma het Maandag op sy eerste dag van getuienis voor die kommissie van ondersoek na staatskaping onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo onder meer beweer dat Nyanda opdragte van die apartheidspolisie ontvang het.

Zuma het ook beweer dat hy weet dat Ngoako Ramatlhodi, voormalige minister van minerale bronne, ’n spioen was, maar dat hy (wat Zuma is) daaroor stilgebly het. Ramatlhodi het Zuma Maandag al gedaag om ’n leuenverklikkertoets te ondergaan en gesê hy sal dieselfde doen.

Nyanda het Dinsdag ook dié uitdaging aan die oudstaatshoof gerig om sy beweringe te bewys.

“Laat hy in die openbaar ’n leuenverklikkertoets ondergaan sodat hy sy beweringe kan bewys. Dit is verregaande! Zuma was aan die spits van die ANC se veiligheidstrukture en ek is op die mees geheime sending in die geskiedenis van die ANC gestuur. Waarom het hy nie aan Oliver Tambo gesê dat hy weet dat ek spioene omhels nie?” sê Nyanda.

My voorstel is dat ek daardie man self onder kruisverhoor neem. Hy krap ’n bynes oop en grawe ’n graf vir homself.

Nyanda, wat in Zuma se eerste termyn as president van die land as minister van kommunikasie gedien het, is ook ’n lid van die MK-veterane se nasionale raad.

Zuma het aan Zondo gesê dat Nyanda se spioennaam Ralph was en dat hy kop in een mus was met die regering van Swaziland en die apartheidsregime.

Dit is waaroor Nyanda Zuma wil kruisondervra.

“My voorstel is dat ek daardie man self onder kruisverhoor neem. Hy krap ’n bynes oop en grawe ’n graf vir homself.”

Sydney Mufamadi, oudminister van polisie, het Maandag gesê oudpres. Nelson Mandela het destyds probeer om ’n lys van apartheidspioene wat die ANC binnegesypel het van die destydse regering te bekom, maar was onsuksesvol. Zuma se aanspraak dat hy so ’n lys het, is dus onder verdenking. Hy wou ook weet waarom Zuma so ’n lys vir homself sou wou hou.

“As Zuma sê hy het die lys, waarom het hy dit nie aan Mandela gegee nie? Waarom word dit nou eers opgehaal noudat mense onaangename dinge oor hom (Zuma) sê? Dit dui daarop dat hy die lys hou om dieselfde redes as wat Mandela gevrees het,” sê Mufamadi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.