Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma ‘het nog nie besluit of hy homself gaan oorgee’
Oudpres. Jacob Zuma Foto: AP

Daar is nog geen besluit geneem oor die moontlikheid dat oudpres. Jacob Zuma homself aan die polisie gaan oorgee nie, sê Thulani Gamede, woordvoerder van Sanco se jeugliga en ’n bondgenoot van Zuma.

Dit kom nadat die konstitusionele hof in Johannesburg Zuma Dinsdagoggend skuldig bevind het aan minagting van die hof omdat hy ’n bevel van die hoogste hof in die land verontagsaam het om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te verskyn.

Zuma is 15 maande tronkstraf opgelê en hy moet hom binne vyf dae by die polisie in Nkandla of in Johannesburg aanmeld om sy vonnis te begin uitdien.

“Ons is hier om ons ondersteuning te wys. Daar is vyf dae oor vir hom om te besluit of hy homself vrywillig gaan oorgee en of hy gedwing moet word. Maar vir nou het hy en sy familie nog nie besluit nie,” het Gumede telefonies aan Netwerk24 gesê.

Hy is by Nkandla om Zuma te ondersteun.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Uitspraak  |  Besluit  |  Zuma-Vonnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.