Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma kan dalk Abrahams se besluit hof toe vat

Jacob Zuma kan dalk adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), se besluit om voort te gaan met sy vervolging, teenstaan.

Abrahams het Vrydag aangekondig dat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) dié besluit geneem het nadat die oudpresident se vertoë om sy dag in die hof te vermy, onsuksesvol was.

Oudpres. Jacob Zuma

Hy sal nou teregstaan op 16 aanklagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en rampokkery.

Zuma se prokureur, Michael Hulle, het gesê hy het ’n “bondige reaksie” van Abrahams rakende die onsuksesvolle vertoë ontvang.

“Die motivering vir die besluit blyk nie duidelik uit die kommunikasie nie, en ook nie die grondslag vir die weiering (van die vertoë) nie,” het Hulley gesê.

Dit lyk of die waarskynlike volgende stap sal wees om die NDOV se besluit op hersiening te neem, sê Hulley.

“Die besluit sal egter eers geneem word ná deeglike oorweging en konsultasie met mnr. Zuma.”

Die klagte teen Zuma is nege jaar gelede deur Mokotedi Mpshe, voormalige NDOV, laat vaar.

Die aantygings handel oor die sogenaamde “spioenasie-bande” wat bestaan van opnames van gesprekke tussen Leonard McCarthy, destydse hoof van die Skerpioene, en die voormalige NVG-hoof, Bulelani Ngcuka.

Zuma se regspan het aangevoer dit het gedui op politieke inmengery in die klagte teen hom.

Meer oor:  Shaun Abrahams  |  Jacob Zuma  |  Besluit  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.