Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma klop homself op skouer oor sy 9 jaar

Oudpres. Jacob Zuma het sy ampstermyn as staatshoof verdedig en voer aan die narratief dat sy nege jaar in die presidensie verlore jare was, is “oneerlik” en “propaganda”.

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: Argieffoto

Zuma was in gesprek met sy seun Duduzane in die videoreeks in drie dele genaamd Zooming with the Zumas.

“As jy ’n eerlike persoon was (en) jy sê hierdie was nege verlore jare . . . dis die grootste oneerlikheid. In besonder as jy betrokke was by die dinge wat gebeur het. Ek noem maar net ’n paar,” het Zuma sr. in die video gesê.

Duduzane vra sy pa om die kollig te plaas op wat hy dink van die narratief dat sy nege jaar as president ’n vermorsing was.

In sy antwoord sê die ouer Zuma hy glo daar is in sy ampstyd baie vordering in die land gemaak.

Onder die prestasies waarvoor hy homself op die skouer klop, is die inisiëring van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP).

“Dit is nog ’n kwessie of ons dit instel soos ek dit in die vooruitsig gestel het – dit is ’n ander saak – maar ten minste het ons ’n plan vir die land. Jy kan nie sê dat dit ’n mors van tyd is nie,” sê Zuma sr. in die video van langer as 46 minute.

Hy sê ook dat hy verskeie staatsdepartemente ingestel het wat verandering in die land meegebring het, soos die departemente van landelike ontwikkeling en basiese onderwys, “om maar ’n paar te noem”.

Dit is nie die eerste keer dat die voormalige leier van die ANC terugkap teen kritici ten opsigte van kritiek op sy ampstyd as staatshoof nie.

Dit is nie die eerste keer dat die voormalige leier van die ANC terugkap teen kritici ten opsigte van kritiek op sy ampstyd as staatshoof nie.

News24 het vroeër berig dat hy dit ook gedoen het nadat pres. Cyril Ramaphosa volgens berigte in 2019 by die Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, gepraat het van “die nege verlore jare”.

Zuma was afwysend teenoor diegene wat gesê het daar was beleidsonsekerheid in sy ampstyd en sê van dié mense was deel van daardie nege jaar.

Zuma het aan sy seun gesê landelike ontwikkeling was nie voorheen ’n departement nie. Nadat dit geskep is, was mense in baie gebiede in staat om by hulpverlening baat te vind.

Hy het bygevoeg dat, eerder as om te teoretiseer oor landelike ontwikkeling, hy besluit het om dit prakties beslag te gee deur so ’n departement te skep.

Hy sê ook die verdeling van die onderwyssektor – in basiese en hoër onderwys – was ’n verdere prestasie.

Voordat hy die twee geskei het, voer Zuma aan, was die nasionale seniorsertifikaatresultate wisselvallig en was daar geen sekerheid daaraan nie.

Hy sê hy het geglo dat die grondslag van leerlinge belangrik was en daarom het hy ’n afsonderlike departement van basiese onderwys geskep.

Dit het gehelp om ’n grondslag in Suid-Afrika te vorm sodat die matriekuitslae in die land deesdae nie meer iets is waaroor gewonder hoef te word nie, dit is ’n sekerheid.

“Dit is wat ek gedoen het,” het Zuma gesê.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Presidentskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.