Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma mag nié vooraf vrae kry, sê Zondo

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping het Donderdag gesê hy sal binnekort oor oudpres. Jacob Zuma se verskyning voor die kommissie besluit.

Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die kommissie, sê in ’n mediaverklaring dié besluit hang daarvan af of Zuma bevestig dat hy voor die kommissie sal verskyn.

“Ons sal egter nie vooraf die vrae wat aan Zuma gevra word vir hom stuur soos hy versoek het nie.”

Stemela sê die kommissie hou voet by stuk dat Zuma nie geregtig is daarop om aan te dring dat die vrae aan hom gestuur word voordat hy verskyn nie, sodat hy (op grond daarvan) kan besluit of hy voor die kommissie sal verskyn of nie.

“Die kommissie is van mening dis voldoende dat aan hom gesê is hy sal die geleentheid kry om sy kant van die saak te stel, in reaksie op wat sekere getuies in hul verklarings of beëdigde verklarings oor hom gesê het, of ten opsigte van enigiets anders wat oor of teen hom oor sekere kwessies gesê is.”

Volgens Stemela het die kommissie besluit Zuma moet van 15 tot 19 Julie voor hom verskyn, maar die kommissie het nog geen aanduiding van sy regspan gekry of die voormalige president dié sitting sal bywoon nie.

Die kommissie probeer al sedert 30 April in gesprekvoering met Zuma se prokureurs vergeefs ’n skriftelike onderneming van Zuma kry dat hy op die gegewe datums in Julie voor die kommissie sal verskyn, sê Stemela.

Die kommissie sal dus binnekort “gepaste” besluite hieroor neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.