Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma meng by SAL-tender in, hoor Zondo
20180905  NETWERK24  Adjunk hoofregter Raymond Zon
20180905 NETWERK24 Adjunk hoofregter Raymond Zondo voor die dag se verrigtinge begin by die Zondo Kommissie na Staatskaping in JohannesburgFoto: Deaan Vivier

Oudpres. Jacob Zuma het in sy termyn as president na bewering by ’n tenderproses van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) ingemeng, het die kommissie van ondersoek na staatskaping Donderdag gehoor.

Die kommissie, onder leiding van adjunk-hoofregter Raymond Zondo, hoor oor die volgende paar weke getuienis in Johannesburg aan wat met staatskaping in die lugvaartbedryf verband hou.

Cynthia Stimpel, voormalige groeptesourier van die SAL en ’n fluitjieblaser oor korrupsie, se getuienis Donderdag voor die kommissie het Zuma by staatskaping geïmpliseer.

Stimpel is in 2015 gelas om ’n plan op te stel wat die finansiële welstand van die lugdiens oor lang termyn sou verseker. Die SAL het in daardie stadium jaar ná jaar nuwe lenings aangegaan om sy ou skuld te delg.

Stimpel en haar span het bepaal ’n lening van R15 miljard was benodig wat oor lang termyn aangewend sou word om die lugdiens volhoubaar te maak.

’n Versoek is aan ondernemings uitgestuur om voorleggings vir die tender te maak.

Volgens Stimpel het die voormalige finansiële hoof van die SAL, Wolf Meyer, in November 2015 sekere bestuurslede byeengeroep. Stimpel was teenwoordig.

Meyer het volgens haar vertel van ’n vergadering met ’n moontlike finansier waarin Meyer aangesê is hy moet seker maak dat Jayendra Naidoo van First South die kontrak kry.

“Meyer het gehoor dat ‘nommer een’ wil hê die ooreenkoms moet gebeur. Hy het dit so verstaan dat daar verwys was na Jacob Zuma, die president in daardie stadium,” sê Stimpel.

Meyer het gehoor dat ‘nommer een’ wil hê die ooreenkoms moet gebeur. Hy het dit so verstaan dat daar verwys was na Jacob Zuma, die president in daardie stadium.

Volgens haar het Meyer die vergadering opgeneem met ’n spesiale pen wat hy by hom gehad het. Meyer was glo voor die tyd agterdogtig oor die vergadering.

Kort daarna is ’n raadsvergadering van die SAL gereël, waarin Meyer se pen afgevat is, sê Stimpel.

Meyer het in November 2015 uit sy pos bedank.

Stimpel het oor nog ongerymdhede in die verkrygingsproses getuig. Volgens haar het die SAL se direksie nie die regte prosesse gevolg om die tender toe te ken nie. Die raad wou hê die Vrystaatse ontwikkelingskorporasie (FDC) moet die geld aan die SAL leen, hoewel die FDC nie die mandaat gehad het om dit te doen nie.

Die moontlike ooreenkoms het egter later deur die mat geval, het Stimpel getuig.

Later is besluit om ten duurste dienste uit te kontrakteer aan ’n finansiële raadgewer om as middelman op te tree om die lening te bekom. Die raadgewer sou ingevolge ’n voorlopige kontrak meer as R200 miljoen kry as suksesgelde.

Stimpel sê egter dit was nie nodig nie, aangesien die SAL-tesourie self die werk kon doen.

Adv. Kate Hofmeyr, wat die getuienis lei, sê die uitkontraktering van raadgewende dienste, vir werk wat self gedoen kon word, volg die patroon van staatskaping wat by ander staatsondernemings opgemerk is.

Stimpel sal haar getuienis voor die kommissie Vrydag voortsit.

Meer oor:  Sal  |  Zondo-Kommissie  |  Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.