Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma na opening van KZN- wetgewer as sy gesondheid hou
Oudpres. Jacob ZumaFoto: Argief

Oudpres. Jacob Zuma sal die opening van die KwaZulu-Natalse wetgewer bywoon as sy gesondheid dit toelaat, het die speaker, Nontembeko Boyce, Maandag gesê.

Boyce het voor ’n groot media-kontingent in die Oceanic Hemisphere Hotel in Durban gesê hulle het al die meeste politieke partye oor Zuma se moontlike bywoning geraadpleeg.

“Hy is ’n voormalige president en is uitgenooi. Dit is in ooreenstemming met ons eie institusionele reëling om inligting te deel. Ons het hierdie inligting met alle partye gedeel. Ons het ’n bevestiging van die premier se kantoor gekry dat oudpres. Zuma dit sal bywoon.”

Carl Niehaus, woordvoerder, wat Zuma se moontlike bywoning bevestig, het ook bevestig dat die voormalige staatshoof se gesondheid voorkeur geniet.

“Ek dink dit is korrek dat die amptenare sê as sy gesondheid dit toelaat. Ons weet ook dat hy in die verlede gereeld die opening van die KZN-wetgewer bygewoon het. Ek is seker hy sou dit graag weer wou doen.”

Zuma het Saterdag in Suid-Afrika aangekom nadat hy in Kuba behandel is. Hoewel die aard van Zuma se siekte nie bekendgemaak is nie, is hy die afgelope paar maande in en uit die hospitaal en was hy nie in die hof vir sy korrupsiesaak nie, berig News24.

In 2018 het News24 berig opposisiepartye in die provinsiale wetgewer het ’n voorsprong gehad nadat Zuma kort voor die bespreking van die landboubegroting met die amptenare vergader het.

Die EFF, DA en die NFP het geweier om die sitting voort te sit en aangevoer Zuma moet nie in die wetgewer sit nie. Die voormalige president het na bewering as “gas” van die LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, Themba Mthembu, opgedaag en in die kamer se vleuels gesit. Boyce het gesê dit het destyds nie daaroor gegaan dat Zuma in die wetgewer was nie, maar waar hy gesit het.

Sitplek in die vleuels

“Dit was die kwessie van waar hy gesit het, nie sy bywoning nie. Ons het dit verlede week bespreek. Hulle het geglo hy sit waar lede van die huis moet sit.”

Sy het gesê die sitplek in die vleuels “word nie ingevolge die reëls afgebaken nie”.

“Oor die jare heen het u gesien hoe mense daar sit en dit is nooit bevraagteken nie. Dit is eers geopper [toe Zuma dit bygewoon het],” sê Boyce.

Boyce het egter bygevoeg opposisiepartye het dit duidelik gemaak dat hulle steeds in kennis gestel moet word van ’n gas wat ’n sitting van die wetgewer bywoon.

“Daar is ’n reël wat sê as iemand die huis binnekom, moet die huis ingelig word. Dit verwys na ’n predikant of gas wat u wil bespreek. Hulle sal sit waar lede gewoonlik sit,” sê Boyce.

Besparingsmaatreëls 

Boyce het bygevoeg dat die wetgewer vanjaar aansienlike besparingsmaatreëls getref het.

“Daar sal oor die twee dae 2 400 gaste wees. Voorheen het ons 2 800 per dag gehad. Ons het ons spyseniering- en vervoerkoste verlaag danksy die vermindering van gaste.”

Nerusha Naidoo, sekretaris van die wetgewer, het gesê hoewel daar nog nie ’n randwaarde vir die opening van die wetgewer in 2020 sou wees nie, sou dit minder as vorige sittings wees.

“Dit was in 2018 sowat R3,6 miljoen. Dit sou vanjaar weens inflasie veel hoër gewees het, maar ons dink dit sal aansienlik laer wees omdat gaste met meer as die helfte verminder word.”

Sy het nie syfers vir die opening van die wetgewer in 2019 gegee nie.

News24

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Gesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.