SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma: ‘OB kan my belasting-rekords kry’

Oudpres. Jacob Zuma sê die openbare beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane, mag maar sy belastingrekords kry.

Zuma het Dinsdag toegetree tot die stryd tussen die OB en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) oor sy belastingrekords.

In ’n verklaring wat Dinsdagmiddag op Twitter geplaas is, het Zuma gesê hoewel hy nie geraadpleeg is oor die hofgeding nie, het hy “geen probleem” daarmee dat die OB toegang tot sy belastingrekords kry nie.

Zuma het getwiet dat hy nooit geweier het om sy belastingrekords aan die OB te oorhandig nie en dat sy dit kan kry.

(https://twitter.com/PresJGZuma/status/1194238732590878727)

“Ek hoor dat my SAID-rekords in die hof betwis word deur (SAID-kommissaris Edward) Kieswetter.

Niemand het my hieroor geraadpleeg nie.”

(https://twitter.com/PresJGZuma/status/1194238717801771014)

Die SAID wil die OB weghou van Zuma se rekords.

Business Day het Maandag berig dat die SAID ’n dringende hofaansoek ingedien het om te keer dat Mkhwebane toegang tot dié inligting kry.

Mkhwebane het in Oktober ’n dagvaarding uitgereik om Zuma se belastinginligting te bekom. Sy ondersoek ’n klag wat in 2017 deur die DA ingedien is dat Zuma na bewering gedurende sy eerste vier maande as president geld by ’n sekuriteitsmaatskappy ontvang het wat nooit vir belastingdoeleindes verklaar is nie.

“Hierdie land weet baie goed dat die voormalige PP @ ThuliMadonsela3 my verskeie kere ondersoek het en bevindings teen my gemaak het.”

(https://twitter.com/PresJGZuma/status/1194238728178413568)

“Ek het nooit geweier of iets weggesteek wat sy wou ondersoek nie. Selfs waar ek persoonlik gedink het dat sy haar mandaat en magte oorskry, was ek steeds verplig omdat ek die kantoor van die @PublicProtector respekteer en daarom is ek nie deel van die stryd teen my belastingrekords nie,” het Zuma getwiet.

Zuma sê hy het “niks om weg te steek nie” en as die OB sy rekords wil sien, staan dit haar vry om dit te doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.