Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma: Ondersteuners het groot planne
Oudpres. Jacob Zuma. Foto: Deaan Vivier

Ondersteuners van oudpres. Jacob Zuma beplan om die Durbanse middestad tot stilstand te dwing met ’n optog en die “moeder van alle gebede” wanneer hy Vrydagoggend in die hooggeregshof in Durban verskyn.

Die National Interfaith Council of South Africa en die Commission of Religious Affairs (CRA), het Woensdag hul planne aangekondig om Zuma met sy hofverskyning te ondersteun.

Hieronder tel ’n nagwaak wat Donderdagaand om 18:30 in Albert Park sal begin, ’n optog Vrydagoggend na die hooggeregshof en die “moeder van alle gebede” buite die hof voor die aanvang van die hofsaak.

Die groep het Woensdag op ’n mediakonferensie Suid-Afrikaners versoek om “tot God te bid om Msholozi krag te gee in die moeilike tyd.” Daar sal met wetstoepassingsowerhede saamgewerk word om te verseker dat die bedrywighede vreedsaam verloop.

Hulle het Zuma geprys vir sy belangstelling in onderwys en kinders.

“Hy het geglo dat die sekerste manier om armoede en ongelykheid te beëindig is om te verseker dat onderwys beskikbaar is vir almal. Hy het regdeur sy termyn pogings verdubbel om te verseker dat daar gehalte- en gratis onderwys is wat die ontwikkeling van ons kinders tot hul beste potensiaal waarborg. Dit is oudpres. Zuma wat ons as godsdiensleiers gelei het om deel te wees van alle pogings om MIV, vigs en TB te beveg,” lui die groep se verklaring.

Ander organisasies waaronder die Radical Economic Transformation (RET) Champions sowel as Black First Land First (BLF) beplan ook om aan die nagwaak deel te neem en Vrydagoggend hul steun vir Zuma voor die hof te toon.

Een van die organiseerders, Siboniso Nkomo, het Woensdag gesê dat “duisende” mense verwag word wat onder meer met busse aangery sal word, maar ook op hul eie sal opdaag.

Zuma verskyn Vrydag vir die eerste keer in die hooggeregshof voor regter Themba Sishi nadat adv. Shaun Abrahams, direkteur van nasionale vervolging, op 16 Maart korrupsieverwante aanklagte teen hom heringestel het. Die aanklagte spruit uit Suid-Afrika se omstrede multimiljoenrand-wapentransaksie.

Ek het ’n sterk vermoede dat as ons buite te hof gaan wees, daar konfrontasie of geweld kan wees.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, sê die party het na lang beraadslaging daarteen besluit om buite die hof verteenwoordiging te hê.

“Ek het ’n sterk vermoede dat as ons buite te hof gaan wees, daar konfrontasie of geweld kan wees. Ons het ook ’n groot federale kongres die naweek en die federale raad sit reeds Vrydag. Ons sal dus nie daar wees nie,” het Selfe gesê.

Dit is onduidelik wat die EFF se planne vir Vrydag is aangesien Julius Malema, partyleier, óók op dié dag in die hof verskyn. Malema is veronderstel om in die landdroshof in Bloemfonteinse te verskyn nadat klagtes teen hom ingedien is weens sy oproep tot grondbesetting “ingevolge die Vryheidsmanifes”, lui ’n verklaring van die party.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Hofsaak  |  Ondersteuning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.