Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma: Ons tel sy woorde

Oudpres. Jacob Zuma se getuienis voor die Zondo-kommissie was ’n les in vervolgingswaan, vae ontkennings en groot ego’s. Dawie Boonzaaier het Zuma se woorde gaan tel.

76 keer ‘Zuma’

Zuma verwys 76 na homself in die derde persoon. “Hierdie kommissie, volgens hulle wat dit geïmplementeer het, moet Zuma se graf wees, hy moet hier begrawe word. Dit is hoekom, wie ook al die Gupta-familie geken het of hul vriende was, hulle maak nie saak nie, maar Zuma maak saak.”

17 keer 'Ek weet nie’

“Nee, nee, ek het nie kommentaar nie, want ek weet nie hoekom mnr. Gupta dit gesê het nie. Ek meen, jy kan hom self vra.” – Zuma in antwoord op ’n vraag oor die getuienis van Themba Maseko, voormalige direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel. Maseko het beweer dat Ajay Gupta gesê het hy sal direk met ’n minister “afreken” wat vir Maseko “probleme gee”.

37 keer ‘kruisverhoor’

Zuma en sy regsverteenwoordigers het knaend gekla dat hy kruisverhoor word sonder dat dit vooraf bespreek is. “Ek is van mening dat my kliënt onder valse voorwendsels hierheen gebring is, en nou het ek nodig dat hy besluit of hy onder kruisverhoor wil wees, want dit is pas bevestig, hy is onder kruisverhoor.” – Adv. Muzi Sikhakhane SC.

11 keer ‘Dit is onregverdig’

Zuma en Sikhakhane het 11 keer gedurende sy verskyning gekla dat die vrae aan hom en die antwoorde wat van hom verwag word “onregverdig” is teenoor hom en ander moontlike getuies. “Dit is hoekom ons angstig is oor hierdie tipe vrae in hierdie tipe forum, want baie kan daarin gelees word . . . en ons wil nie hê hierdie kommissie moet in ’n situasie beland waar dit onregverdig is teenoor mnr. Zuma nie, net omdat mnr. Zuma nie bewerings van korrupsie of bedrog (maak nie).” – Sikhakhane

10 keer ‘moord’

Zuma het minstens tien keer op die eerste dag melding gemaak van pogings om hom dood te maak in sluipmoordaanvalle. “Van daardie mense het beplan om my in die stadion dood te maak, en ek ken hulle, hulle het beplan om my te vermoor” – Zuma op dag een van sy getuienis oor ’n beweerde sluipmoordpoging op sy lewe. Hierdie sluipmoord sou glo “onlangs” by ’n “konsert in Durban” plaasvind.

6 keer ‘spioene’

Zuma het op dag een van sy verskyning ses keer na “spioene” binne die ANC verwys, hetsy in die vroeë 1990’s, glo toe hy intelligensiehoof van die ANC was, of gedurende die laaste paar maande van sy termyn as president. Hierdie spioene was glo deel van ’n dekadeslange komplot om van Zuma ontslae te raak. “Ek moes bedank uit die ANC om die ANC heel te hou, want ek is lief daarvoor. Dit is my organisasie . . . maar dit het vir my duidelik geword dat . . . daar mense is wie se spioene (die organisasie) geïnfiltreer het.” – Zuma oor hoekom hy as president van die land moes bedank het.

Meer oor:  Zuma  |  Jacob  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.