Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma praat met ondersteuners sonder om veel te verklap
Pres. Jacob Zuma spreek Maandagmiddag sy ondersteuners toe. Foto: Skermgreep/Daily Sun

Hy gaan hom nie nou te veel oor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping uitlaat nie, want hy wil hê sy getuienis vandeesweek moet glad verloop, sê oudpres. Jacob Zuma.

Hy het sy ondersteuners Maandag naby die Hill on Empire-gebou, waar hy voor die kommissie verskyn het, in Parktown, Johannesburg, toegespreek.

“Al wat ek vir nou gaan sê, is dat die kommissie deel is van die plan om van my ontslae te raak.”

Hy het kortliks aan die skare herhaal wat hy voor die kommissie beweer het, dat spioene van drie intelligensieagentskappe – twee van die buiteland en een plaaslik – die range van die ANC in die vroeë 1990’s geïnfiltreer het.

“Hulle wou van my ontslae raak, want hulle wou nie hê dat ek hulle ontbloot nie,” sê Zuma.

“In die apartheidsjare het die regering askari’s opgelei wat mense doodgemaak het. Tans is daar moderne askari’s in die ANC.”

Die oudpresident is op die klein verhogie deur onder andere Carl Niehaus, woordvoerder van die MK-veterane, Faith Muthambi, voormalige minister van kommunikasie, en Supra Mahumapelo, voormalige Noordwes-premier en tans voorsitter van die portefeuljekomitee vir toerisme, ondersteun.

Mahumapelo beweer die media versin ’n narratief dat daar nege jaar onder Zuma gemors is, terwyl daar volgens hom inderwaarheid eintlik baie onder Zuma vermag is.

Onder Zuma is antiretrovirale medisyne om MIV/vigs mee te behandel gratis aan Suid-Afrikaners beskikbaar gestel. Hy het ook in die wêreldwye ekonomiese resessie van 2009 die nasionale ontwikkelingsplan in werking gestel, wat volgens Mahumapelo die land uit ’n resessie gehou het.

“Ons het vandag gehoor van die plan om Zuma te vernietig, maar sy vyande het nie geweet hy is onvernietigbaar nie.”

Volgens Zuma sal hy in meer besonderhede met sy ondersteuners praat wanneer sy getuienis Vrydag voor die kommissie afgehandel is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.