Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma-saak: Geen optogte by hof of by Nkandla

Daar is tans geen optogte in Pietermaritzburg of Nkandla nie nadat baie ondersteuners Dinsdagoggend opgeruk het na die hooggeregshof in Pietermaritzburg waar oudpres. Jacob Zuma se saak om sy inhegtenisneming te laat opskort, virtueel aangehoor word.

Die polisie het ondersteuners teen 12:00 gevra om die terrein te verlaat omdat samekomste nie onder vlak 4 van die inperking toegelaat word nie. Die polisie het ondersteuners gewaarsku dat hulle in hegtenis geneem kan word as hulle nie gehoor gee nie.

Daar was heeldag nog geen teken van ondersteuners in Nkandla nie. Daar is wel ’n sterk polisieteenwoordigheid.

Vroeër is berig dat Zuma by sy Nkandla-woning is.

Die verwagting onder polisiebeamptes is dat ondersteuners wel na Nkandla kan opruk, afhangend wat Dinsdag se hofuitspraak oplewer.

Volg Netwerk24 vir regstreekse dekking vanuit Nkandla en Pietermaritzburg.

Meer oor:  Pietermaritzburg  |  Nkandla  |  Optogte  |  Zuma-Saak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.