Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma sal na hof geneem word vir korrupsie-verhoor

Die hooggeregshof het 'n aansoek deur oudpres. Jacob Zuma se regspan toegestaan dat Zuma self in die hof wil wees vir sy korrupsieverhoor, wat in Pietermaritzburg aangehoor word.

In die aansoek het die regspan aangedui Zuma wil nie net per oudiovisuele skakel vanuit die Estcourt-gevangenis aan die hofverrigtinge deelneem nie.

Zuma sal dus in die hof wees vir die saak wat volgende week van 10 tot 13 Augustus vir drie dae op die hofrol geplaas is.

Regter Piet Koen het op 20 Julie beslis die saak word tot 10 Augustus uitgestel, nadat adv. Dali Mpofu SC en Thabani Masuku SC die aansoek namens Zuma gebring het.

Koen het in sy uitspraak opdrag gegee aan die departement van korrektiewe dienste om 'n lys saam te stel van wat die voor- en nadele sal wees indien Zuma se spesiale pleit virtueel aangehoor word.

Volgende week sal Zuma se spesiale pleit dat adv. Billy Downer SC hom as staatsaanklaer aan die saak moet onttrek, aangehoor word.

Intussen het Duduzile Zuma-Sambudla, Zuma se dogter, op haar Twitter-blad gevra dat ondersteuners van die oudpresident Dinsdag voor die hooggeregshof in Pietermaritzburg moet mobiliseer ter ondersteuning van Zuma.

dudu

Bheki Cele, minister van polisie, het Dinsdag gesê of Zuma nou self daar is of nie, die polisie sal gereed wees om die situasie te hanteer.

Sy kommentaar volg nadat grootskaalse onluste en geweld in dié provinsie uitgebreek het kort nadat Zuma op 7 Julie by sy Nkandla-woning in hegtenis geneem is.

Meer oor:  Pietermaritzburg  |  Hooggeregshof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.