Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma se eie woorde
Oudpres. Jacob Zuma Maandag tydens sy getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping. Foto: Felix Dlangamandla

Oudpres. Jacob Zuma het Maandag op die eerste dag van sy verskyning voor die Zondo-kommissie vriend en vyand verras én selfs geskok met sy hoogs dramatiese getuienis.

Van sy sterkste uitsprake is:

''Ek was langer as ’n dekade die onderwerp van praatjies in die land. Ek is belaster, as die koning van korrupte mense uitgemaak, die mees korrupte en allerlei ander name gegee.''


''Daar was ’n veldtog om my te verwyder en ’n wens dat ek moet verdwyn.''


“Ek het in 1990 ’n intelligensieverslag gekry dat daar drie intelligensie-organisasies is wat beplan het om karaktermoord op my te pleeg.”


“Ek het ’n probleem daarmee dat algemene korrupsie staatskaping genoem word. Beteken dit dat die regters, parlement en regering almal gekaap is?”


“Geeneen van al die oudpresidente voor my is voor ’n kommissie gedaag nie. Maar ons moet dit met Zuma doen.”


“Adv. Ngoako Ramatlhodi het (voor die kommissie) getuig dat ek die land (aan die Guptas) opgeveil het. Wat ’n oordrywing deur ’n prokureur. Het ek Tafelberg of Johannesburg opgeveil? Dit is ’n leuen. Daar bestaan nie so iets nie.”


“Adv. Ngaoko Ramatlhodi is as student in Lesotho gewerf om ’n (apartheid-)spioen te wees.”


“Mense vergeet dat ek ook ’n familie het wat nie leuens oor my wil hoor nie.”


“Ek het die ANC (kort voor sy afdanking as staatshoof) gevra wat ek verkeerd gedoen het. Hulle kon my nie antwoord nie.”


“Wat is verkeerd daarmee om vriende met die Guptas te wees? Niks. Ander mense is ook vriende met hulle.”


“Ek het nooit enigiets onwettigs met die Guptas gedoen nie.”


“Ek het die voorstelle vir ’n naam vir hul nuwe koerant gegee en hulle het van die naam New Age gehou.”


“Sommige mense weet ek weet dinge oor hulle en daarom hou hulle nie van my nie. Ek het my dekades lank gedra, maar hulle het my nou te veel uitgelok.”


“Ek het pogings oorleef waarin hulle my wou doodmaak. Mense wou my vergiftig of is opdrag gegee om dit te doen.”


“Mense is van die buiteland ingebring om my te vermoor, selfmoordbomaanvallers.”

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Zuma-Getuienis  |  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.