Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma se jongste aansoek ‘met leuens deurspek’

Oudpres. Jacob Zuma se hofstukke in sy jongste aansoek voor die konstitusionele hof is “met leuens, feitelike wanvoorstellings en die verdraaiing van die reg deurspek”.

Prof. Itumeleng Mosala, sekretaris van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, voer dié argument namens die kommissie en sy voorsitter, adjunkhoofregter Raymond Zondo, aan in die aansoek wat komende Maandag aangehoor sal word.

Die kommissie, wat Dinsdag sy hofstukke ingedien het, staan die aansoek teen.

Zuma wil met dié tersydestellingsaansoek sy skuldigbevinding aan minagting van die hof, sowel as sy 15 maande tronkstraf laat heroorweeg en herroep.

Oudpres. Jacob Zuma Foto: Mlungisi Louw

Mosala voer in sy beëdigde verklaring aan dat Zuma “in verswarende minagting van die hof is”.

“Hy het nie sy minagting van die hof goedgemaak nie en het geen plan om dit te doen nie. Geen litigant kan die deur van ’n hof met ‘vuil hande’ nader nie. Mnr. Zuma het geen status om enige aansoek voor hierdie hof te bring terwyl hy dit steeds minag nie.”

Volgens Mosala voldoen Zuma se aansoek ook nie aan die regsvereistes vir die tipe aansoek wat hy ingedien het nie.

Intussen word uitspraak Vrydag gelewer in Zuma se dringende aansoek, wat Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aangehoor is.

Zuma wil met hierdie aansoek die lasbrief vir sy inhegtenisneming om met sy tronkstraf te begin laat opskort totdat bogenoemde aansoek in die konstitusionele hof afgehandel is.

Hy het, nadat die konstitusionele hof hom verlede Dinsdag skuldig bevind en gevonnis het, vyf dae gehad om homself oor te gee om sy gevangenisstraf te begin uitdien.

Zuma het egter Sondag gesê dat hy dit weens bogenoemde twee hofaansoeke nie gedoen het nie.

Ingevolge die uitspraak van die konstitusionele hof teen hom moet die polisie hom binne drie dae in hegtenis neem as hy homself nie oorgee nie. Daardie drie dae verstryk Woensdag om middernag.

• Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Demokrasie  |  Zuma-Vonnis  |  Partypolitiek  |  Politiek  |  Hofstukke  |  Korrupsie  |  Koalisie  |  Sa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.