Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma se korrupsieverhoor begin

Oudpres. Jacob Zuma se korrupsieverhoor begin na verwagting Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg – dis nou as hy nie “Stalingrad-strategie” voortsit om vervolging so lank moontlik uit te stel, soos wat kenners vermoed nie.

Former president Jacob Zuma
Oudpres. Jacob Zuma

Zuma en Thales South Africa, ’n filiaal van die Franse wapenvervaardiger Thales, staan saam tereg op 18 aanklagte van korrupsie, bedrog, rampokkery en geldwassery wat verband hou met minstens 783 betalings wat hy met behulp van sy destydse finansiële raadgewer, Schabir Shaik, ontvang het.

Die saak hou verband met die wapenskandaal van 1999 en die bewering dat Thales, vroeër bekend as Thomson CSF, destyds ’n kontrak van miljarde rand gekry het om wapenstelsels aan die Suid-Afrikaanse vloot te verskaf.

’n Filiaal van die groep Thint is daarvan beskuldig dat hy Zuma R500 000 per jaar, glo deur Shaik, betaal het om die maatskappy te beskerm in die ondersoek na beweerde ongerymdhede in wapenaankope. 

Shaik, ’n voormalige finansiële raadgewer van Zuma, is destyds op soortgelyke aanklagte tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Hy is egter in Maart 2009 - ná net twee jaar en vier maande in die tronk - op mediese parool vrygelaat omdat hy in “die laaste terminale fase” van ’n siekte was. Shaik leef steeds.

Moontlike vertragings

Soos vroeer berig meen prof. Pieter Labuschagne, emeritusprofessor aan Unisa, Zuma kan selfs ’n draai in die konstitusionele hof maak as vertragingstaktiek

Dr. Piet Croucamp, ’n politieke ontleder, verwag ook dat Zuma vertragingstaktiek gaan gebruik.

“Hy sal onder meer probeer aanvoer sekere getuienis ontoelaatbaar is, sy geheue laat hom in die steek, sy regspan verander en armoede pleit,” sê Croucamp.

Hy sal ook moontlik wil appelleer teen ‘n beslissing Vrydag wat prakties beteken dat sy vervolging nié gestaak sal word nie.

‘n Volbank regters het Vrydag Zuma se aansoek in die hooggeregshof in Pietermaritzburg, dat alle aanklagte van korrupsie en bedrog teen hom teruggetrek word, met koste van die hand gewys.

Zuma het in sy  aansoek onder meer aangevoer het dat hy die slagoffer van ’n politiek gemotiveerde aanval deur die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is. 

Regters Thoba Poyo-Dlwati, Bhekisisa Mnguni en Esther Steyn het verder ten gunste van die NVG beslis dat Zuma se bykomende bewysstukke nie toelaatbaar is nie.

Sy medebeskuldigde se aansoek is ook voorheen verwerp.

Thales het in sy aansoek aangevoer dat “die getuies in die korrupsiesaak, wat al 14 jaar sloer, siek, "onopspoorbaar of dood is" en dat dit "indruis teen ’n aangeklaagde se reg op ’n regverdige verhoor”.

Meer oor:  Zuma  |  Hof  |  Korrupsiesaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.