Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma sê nog nie of hy staatsrede gaan bywoon

Oudpres. Jacob Zuma is die enigste oudstaatshoof wat nog nie aangedui het of hy op 13 Februarie pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede gaan bywoon nie.

FILE PHOTO: South Africas President Jacob Zuma rea
Pres. Jacob Zuma. Foto: Reuters

Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, het dit bevestig toe sy joernaliste Donderdag oor die parlement se gereedheid vir die staatsrede toegespreek het.

Volgens Modise is uitnodigings na hierdie spoggeleentheid aan alle oudstaatshoofde en vooraanstaande mense gestuur.

Sy is oor Zuma se bywoning uitgevra nadat sy bevestig het dat oudpresidente Thabo Mbeki, Kgalema Motlanthe en FW de Klerk reeds die uitnodiging aanvaar het.

Baleka Mbete, voormalige adjunkpresident en oudspeaker, sowel as Frene Ginwala, ook ’n voormalige speaker, gaan ook die geleentheid bywoon.

“Ons het nog geen aanduiding van oudpres. Zuma ontvang nie. Die ander het wel bevestig,” het Modise gesê.

* Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Thandi Modise  |  Jacob Zuma  |  Kaapstad  |  Staatsrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.