Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma se twiet het seergemaak, sê Hanekom

Oudpres. Jacob Zuma se twiet oor Derek Hanekom, voormalige minister van toerisme, was teen Vrydagoggend om 05:45 steeds nie van Zuma se amptelik Twitter-rekening verwyder nie.

Zuma noem Hanekom ’n “bekende agent van die vyand” in die twiet.

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het Donderdag Zuma se aansoek verwerp om te mag appelleer teen regter Dhaya Pillay se beslissing dat die oudpresident dié twiet moet verwyder en Hanekom om verskoning moet vra. Hy moet ook aan Hanekom skadevergoeding betaal, maar die bedrag moet nog bepaal word.

“Ek hoop opreg dat dié kwessie – wat onnodige verdeeldheid en pyn veroorsaak het – nou uiteindelik agter ons gesit kan word,” het Hanekom in ’n verklaring ná die hofuitspraak gesê.

“Wat ons almal moet besig hou, is om die plaag van armoede, werkloosheid en ongelykheid uit te skakel en om ’n verenigde, nierassige, nieseksistiese demokratiese Suid-Afrika te bou,” lui sy verklaring.

Zuma het aansoek gedoen om appèl te mag aanteken teen regter Pillay se uitspraak dat hy die twiet binne 24 uur moet verwyder en dat hy Hanekom om verskoning moet vra.

“Die bevel word as volg gedoen: Die aansoek vir verlof tot appèl word met koste van die hand gewys,” het Pillay Donderdag beslis.

Hanekom het ook R500 000 in skadevergoeding geëis, maar ’n mondelinge verhoor moet nog gehou word om die bedrag te bepaal.

Zuma se twiet het gespruit uit onthullings dat Hanekom in 2017 met die EFF vergader het om planne te bespreek om Zuma in ’n wantrouemosie in die parlement uit die kussings te lig.

Zuma het toe getwiet: “Ek is nie verbaas oor @Julius_S_Malema se onthullings ten opsigte van @Derek_Hanekom nie. Dit is deel van die plan wat ek by die Zondo-kommissie genoem het. @Derek_Hanekom is ’n bekende agent van die vyand.”

zuma twiet hanekom
Oudpres. Jacob Zuma se twiet oor Derek Hanekom was teen Vrydagoggend 05:30 nog nie verwyder nie.

Zuma is ook onder druk van die likwidateur van VBS Mutual Bank wat wil hê dat hy die R7,3 miljoen-lening moet terugbetaal wat hy van dié bank, wat ondertussen tot niet gegaan het, ontvang het.

Anoosh Rooplal, die likwidateur van VBS, het verlede week aan Netwerk24 gesê dat hy regsadvies inwin oor hoe hy sy pogings kan verskerp om Zuma sover te kry om die geld te betaal.

Daniel Mantsha, Zuma se regsverteenwoordiger, was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Meer oor:  Derek Hanekom  |  Oudpres. Jacob Zuma  |  Politiek  |  Hof  |  Anc  |  Twiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.