Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma: Talle pogings om hom ‘te moor’ – selfs gif

’n Vrou van oudpres. Jacob Zuma wat daarvan beskuldig is dat sy hom probeer vergiftig het, wag steeds om te hoor of die nasionale vervolgingsgesag (NVG) haar gaan vervolg.

Nompumelelo Ntuli-Zuma, wat die bewerings teen haar ontken, leef al sedert 2015 met ’n swaard bo haar kop en het die NVG in April versoek om tot ’n besluit te kom.

Ulrich Roux, Ntuli-Zuma se prokureur, het Vrydag gesê die NVG hou hulle al twee jaar lank in die duister.

Die beweerde vergiftigingsvoorval is die afgelope week in herinnering geroep toe Zuma voor die Zondo-kommissie beweer het daar is gereeld pogings om hom te vermoor, onder meer deur drie intelligensie-agentskappe binne en buite Suid-Afrika. Sy lewe is “daagliks” in gevaar, het hy beweer. Maandagaand het sy sekretaresse glo ’n oproep ontvang waarin gedreig is dat hy en sy kinders om die lewe gebring gaan word, het hy Dinsdagoggend voor die kommissie getuig.

Daar was ook ’n selfmoordbomkomplot, ’n geslepe plan om hom in ’n stadion te vermoor en die pogings om hom te vergiftig, het die springlewendige oudpresident getuig.

Met sy verskynings voor die Zondo-kommissie het dit egter gelyk of hy goed beveilig is: In die ouditorium was vyf lyfwagte aan sy sy – drie voor, twee agter, gehoorstukke in die ore – en soveel as agt blinkswart en peperduur voertuie het in sy konvooi gery.

Tientalle polisielede, metropolisielede en verkeersbeamptes is om die Zondo-kommissie se setel in die Tiso Blackstar-Groep se gebou in Empireweg in Johannesburg ontplooi.

Rapport se navrae oor die omvang van Zuma se beveiligingspan, asook dié van ander oudpresidente, is na die polisie verwys. Brig. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê alle voormalige presidente kry beskerming, ofskoon minder as tydens hul ampstermyn.

“Ek kan egter geen inligting gee of iemand se beskerming verbeter is of nie. Dit kan die veiligheid van die mense in die gedrang bring,” het Naidoo gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.