SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma ‘te siek’ om voor Zondo te getuig

Oudpres. Jacob Zuma, wat volgende week weer voor die Zondo-kommissie sou getuig, sê nou hy is te siek om dit te doen.

Dié kommissie van ondersoek na staatskaping het Dinsdagoggend eers in ’n verklaring gesê Zuma sal weer volgende week, van 11 tot 15 November, getuig, maar het later in ’n tweede verklaring gesê dit is vir eers van die baan.

Zuma se regsverteenwoordigers het laat weet hy is siek en sal nie kan getuig nie.

Zuma het in sy getuienis in Julie aangevoer alles wat met hom gebeur, is deel van ’n plan teen hom deur onder andere internasionale spioene. Hy het selfs aangevoer dat daar moordkomplotte teen hom is.

Zuma, wat in Julie eers huiwerig was om te getuig, het toe wel sy woord ingekry en aangedui hy is bereid om weer te getuig.

Adv. Paul Pretorius SC, hoofondervraer van die kommissie, het intussen aan Zuma se regsverteenwoordigers geskryf om hulle in te lig wat die temas van sy verdere ondervraging sal wees.

Die Zondo-kommissie het ook in ’n verklaring gesê ná Zuma sal die Britse politikus Peter Hain op Maandag 18 November getuig.

Hain het onlangs ’n versoek aan die Britse regering gerig om, soos Amerika, sanksies teen die Guptas in te stel. Hy was ’n anti-apartheidsaktivis en is deesdae ook bekend vir die sterk standpunt wat hy teen korrupsie inneem.

Jacob Zuma, Zondo
Oudpres. Jacob Zuma met sy verskyning voor die Zondo-kommissie in Julie vanjaar. Foto: Felix Dlangamandla

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.