Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma teen die toue, maar hy klou

Pres. Jacob Zuma is teen die toue, maar hy klou.

Die ANC het Dinsdag op ’n nuuskonferensie by Luthuli-huis in Johannesburg aangekondig die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het op ’n marathonvergadering van byna 13 uur besluit om Zuma te herroep. 

Pres. Jacob Zuma Foto: GCIS


Dié besluit is geneem ondanks die feit dat Zuma se stoere ondersteuners in die NUK soos Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, en ander onverpoos in robuuste debatte probeer het om Zuma se politieke loopbaan te red.

Magashule het op Dinsdag se nuuskonferensie egter aangekondig daar is geen spertyd aan Zuma gestel oor wanneer hy moet antwoord op die NUK se besluit nie.

Hy het gesê Zuma sal Woensdag daarop antwoord.

Volgens gerugte weier Zuma botweg om as staatshoof te bedank en wil hy nog vir die volgende drie tot ses maande as staatshoof aanbly, om onder meer sy werk as voorsitter by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) te kan afhandel.

Zuma se weiering om te bedank is Dinsdag sterk veroordeel deur Cosatu, ’n ANC-alliansievennoot.

Sizwe Pamla, Cosatu-woordvoerder, het ’n beroep op die ANC gedoen om sou gou moontlik deur parlementêre prosesse van Zuma as staatshoof ontslae te raak.

“As dit beteken dat (die ANC) die EFF se mosie van wantroue (in Zuma, wat vir 22 Februarie geskeduleer is) moet ondersteun, dan moet dit gedoen word,” het Pamla gesê.

Lees binne:

Baleka Mbete
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.