SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Politiek
Zuma: Tydlyn van afgelope 2 weke

Woensdag 31 Januarie – Die DA skryf aan Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), om te versoek dat die staatsrede uitgestel word, terwyl die EFF sê die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma moet eers gedebatteer word voordat die staatsrede kan plaasvind.

Donderdag 1 Februarie – Zuma rig vertoë tot die nasionale vervolgingsgesag (NVG) oor waarom aanklagte van korrupsie en bedrog nie weer teen hom ingestel moet word nie.

Vrydag 2 Februarie – Mbete kondig aan dat mosie van wantroue in Zuma, wat deur die EFF ter tafel gelê is, vir 22 Februarie geskeduleer is. Opposisiepartye hou ’n gesamentlike vergadering waarop hulle besluit om voort te gaan met versoeke vir Zuma om as staatspresident te bedank en dat hy nie die staatsrede moet lewer nie.

Saterdag 3 Februarie – Onsekerheid oor Zuma se politieke toekoms duur voort.

Sondag 4 Februarie – Die ANC se topses vergader met Zuma in Pretoria. Zuma weier glo om te bedank.

Maandag 5 Februarie – Die ANC se nasionale werkkomitee (NWK) hou ’n dringende vergadering oor die oorgang van die administrasie by Luthuli-huis wat die aangeleentheid na die nasionale uitvoerende komitee (NUK) verwys wat die Woensdag sou vergader. Intussen besoek Zuma die Zoeloekoning, Goodwill Zwelithini, te midde van toenemende interne druk in die ANC en eksterne druk van opposisiepartye dat hy as staatshoof moet bedank.

Dinsdag 6 Februarie – Mbete kondig aan dat die parlementsopening vir die eerste keer in die demokratiese Suid-Afrika onbepaald uitgestel is om “ruimte te skep vir ’n meer bevorderlike politieke atmosfeer” by die parlement. Later die aand kondig die ANC ook aan dat die NUK se vergadering van die volgende dag uitgestel is. Die ANC maak bekend dat daar “vrugbare en konstruktiewe” gesprekke tussen Zuma en adj.pres. Cyril Ramaphosa (ook die leier van die ANC) op ’n vergadering in Kaapstad oor verskeie kwessies plaasgevind het.

Woensdag 7 Februarie – Onsekerheid oor Zuma se politieke toekoms duur voort, terwyl hy voortgaan met geskeduleerde vergaderings van kabinetskomitees by Tuynhuys by die parlement.

Donderdag 8 Februarie – Bespiegelinge dat Ramaphosa se gesprekke met Zuma die kwessie van immuniteit insluit, word volgens LP’s deur Ramaphosa op ’n ANC-koukusvergadering ontken. Die ANC kondig aan dat Ramaphosa nie meer soos beplan die voorafprogram van die ANC se viering van Nelson Mandela se lewe gaan bywoon nie.

Vrydag 9 Februarie – Planne van die vyf ander lede van ANC-topses, wat ook aan die Mandela-voorafprogram (ter viering van oudpres. Nelson Mandela se vrylating) moes deelneem, word skielik gekanselleer. Zuma se derde vrou, Thobeka Madiba-Zuma, tree vir hom in die bresse op sosiale media en sê dat “dinge gaan lelik raak – moenie met iemand baklei wat nie met jou baklei nie”.

Saterdag 10 Februarie – Onsekerheid oor Zuma se politieke toekoms duur voort.

Sondag 11 Februarie – Ramaphosa kondig by die Mandela-feesvieringe aan dat die NUK die volgende dag die kwessie van die staatspresident sal bespreek en dit sal finaliseer.

Maandag 12 Februarie – Die EFF dreig met regstappe as Mbete nie instem om die debat oor hul wantrouemosie in Zuma vandeesweek al toe te laat nie. Die NUK hou ’n marathonvergadering in Pretoria oor Zuma se toekoms. Ramaphosa en Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, verlaat dié vergadering om Zuma oor die NUK-besluit in te lig en om hom te vra om te bedank. Zuma weier glo wéér om te bedank.

Dinsdag 13 Februarie – Die ANC kondig by monde van Magashule aan dat Zuma as staatspresident herroep is. Dié besluit is finaal. Hy maak dit duidelik dat Ramaphosa die volgende staatshoof sal word. – Philda Essop

Meer oor:  Politiek  |  Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.