Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma veroordeel moord op Lesotho se weermaghoof

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag die skietvoorval waarin lt.genl Khoantle Motsomotso, hoof van die weermag in Lesotho, dood is ten sterkste veroordeel.

Motsomotso is na bewering deur ’n lid van die weermag doodgeskiet, maar die presiese besonderhede rondom die voorval was Dinsdagaand nog vaag.

Kol. Tanki Mothae, minister van verdediging in Lesotho, het Dinsdagmiddag bevestig dat Motsomotso en twee hooggeplaaste offisiere die oggend by die militêre hoofkwartier in Maseru geskiet is.

eNCA berig daar is onbevestigde gerugte dat Motsomotso moontlik deur die twee weermagoffisiere, kol. Bulane Sechele en lt.kol. Tefo Hashatsi, om die lewe gebring is.

Thomas Thabane, premier van Lesotho, skud in Oktober 2014 in Maseru blad met adj.pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Argief

Die twee is kritiek gewond in ’n skietgeveg by die Ratjomose-barakke in Maseru. Dit was nie onmiddellik duidelik of hulle ook in die voorval doodgeskiet is nie.

Volgens eNCA dui onbevestigde berigte daarop dat ooggetuies gesien het hoe die twee in Motsomotso se kantoor ingestorm het, waarna ’n skietery uitgebreek het.

Kol. Bulane Sechele is in 2015 ook deur ’n kommissie van ondersoek by die moord op Maaparankoe Mahao, voormalige hoof van die weermag in Lesotho, betrek.

Volgens Al Jazeera is Motsomotso vermoedelik vermoor deur ’n groep soldate wat onlangs afgedank is .

Daar was die laaste ruk politieke onstabiliteit in die land asook bewerings van militêre inmenging in die politiek.

Thomas Thabane, Lesotho se premier, se party is op 3 Junie ingestem. Die land is deur drie verkiesings in drie jaar en die jongste verkiesing het nie ’n besliste meerderheid aan enige party gegee nie.

Thabane het drie jaar vantevore landuit gevlug omdat hy gevrees het hy is moontlik die teiken van ’n sluipmoordaanval.

Thabane het Dinsdagaand aan die BBC gesê die situasie is onder beheer en ’n beroep op landsburgers gedoen om kalm te bly.

Die situasie in Maseru was Dinsdagaand gespanne, met lede van die weermag en polisie wat die strate gepatrolleer het.

Thabane het op ’n nuuskonferensie gesê ondersoek word gedoen om uit te vind presies wat gebeur het en waarom.

Volgens Zuma sal die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap Donderdag ’n ministeriële afvaardiging na Lesotho stuur om hom oor die gebeure te vergewis en oor moontlike optrede te besluit

Meer oor:  Lesotho  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.