Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma versoek om nog twee keer voor Zondo te getuig

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping het oudpres. Jacob Zuma gevra om nog twee keer getuienis te lewer voor einde vanjaar.

Dit het aan die lig gekom in e-poskorrespondensie, gedateer 30 Julie 2019, wat die kommissie Woensdagaand bekend gemaak het.

Die bekendmaking van die korrespondensie volg op ’n berig op 4 Oktober in Business Day waarin beweer is die kommissie het ’n lys vrae van 11 bladsye aan Zuma gestuur voor sy verskyning voor die kommissie.

Die kommissie het besluit om die dokument wat aan Zuma gestuur is, openbaar te maak om die bewering te weerlê.

Die korrespondensie toon dat die ondersoekhoof van die regspan, advokaat Paul Pretorius SC, ’n lys aan Muzi Sikhakhane, Zuma se advokaat, gestuur het oor areas van belangstelling waaroor Zuma ondervra sou word.

In die korrespondensie sê Pretorius “die voorsitter (adjunkhoofregter Raymond Zondo) het gelas dat mnr. Zuma moet terugkeer om getuienis te lewer van 14 Oktober tot 25 Oktober 2019 en daarna van 11 November tot 15 November 2019”.

Zondo het ontken dat die kommissie enige vrae aan Zuma se regspan gestuur het. Die dokument wat aan Zuma gestuur is, bevat geen vrae nie, maar noem wel die temas waaroor vrae aan hom gestel sou word.

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: Reuters

Meer oor:  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie  |  Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.