Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Zuma voor parlement oor Dlamini, Molefe
Pres. Jacob Zuma Foto: Leanne Stander

Pres. Jacob Zuma sal Donderdag vrae in die parlement beantwoord oor Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, en Brian Molefe, die voormalige uitvoerende hoof van Eskom.

Dit sal Zuma se eerste vraag-en-antwoord-sessie in die parlement vanjaar wees.

Zuma was nog nie terug in die Nasionale Vergadering (NV) sedert die debat oor sy staatsrede in Februarie nie.

Liesl van der Merwe, IVP-LP, sal Zuma vra of hy beplan om dissiplinêre stappe teen Dlamini te doen omdat sy “na bewering haar departement na ’n nasionale toelae-uitbetalingkrisis gelei het.”

Sicelo Mabika, NFP-LP, sal Zuma vra of hy van plan is om Molefe in ’n uitvoerende pos aan te stel, gegewe dat sy naam in die voorlopige staatskapingsverslag van die openbare beskermer verskyn.

Mmusi Maimane, leier van die DA, sal Zuma vra watter stappe hy gedoen het om te verseker dat diegene wat ’n openbare amp beklee en dié wat deur die president aangestel is, “aanspreeklikheid, integriteit en respek vir die publiek en oppergesag van die reg wys”.

Priscilla Mantashe, ANC-LP, sal vra watter rol arbeid en nywerheid gaan speel om ongelykheid en ekonomiese uitsluiting reg te stel.

Moses Masango, nog ’n ANC-LP, sal vra watter rol die regering speel om te help om die konflik in Israel en Palestina te beëindig.

Die verrigtinge begin om 14:00. – News24

Meer oor:  Mmusi Mai­Mane  |  Nasionale Vergadering  |  Zuma  |  Parlement  |  Voor  |  Oor  |  Dlamini  |  Molefe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.