Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Presidensie ontken Zuma wil 'Cyril pos, impi’s oproep'

Die presidensie het bewerings dat president Jacob Zuma sy adjunk, Cyril Ramaphosa, gaan afdank as gek en verregaande bestempel.

Dit volg op 'n verklaring van die SAKP Dinsdagaand waarin hulle Zuma uitgedaag het om  "betroubare inligting" dat hy Ramaphosa wil afdank “as ’n saak van dringendheid moet ontken of bevestig”.

Volgens die SAKP dui sy inligting daarop dat Zuma dr. Nkosazana Dlamini-Zuma in Ramaphosa se plek wil aanstel sodat sy as president kan waarneem as hy gepos word.

Die presidensie sê in 'n verklaring dat die bewerings heeltemal ongegrond is. 

"Die bewerings van etniese mobilisering deur die president is ook sonder grondslag," sê dr. Bongani Ngqulunga, woordvoerder vir die presidensie.  

Die SAKP het in sy verklaring gesê die party veroordeel stamgebondheid en etniese mobilisering ten sterkste “insluitend dié van die Amabutho (Zoeloe-regimente) met wie Zuma oënskynlik in kontak is as deel van sy plan” om aan die bewind te bly.

Die party het weer ’n beroep op Zuma gedoen om te bedank en op die ANC om hom te herroep indien hy weier om van die presidentskap afstand te doen. 

Die presidensie het nie op dié beroep van die SAKP gereageer nie. 

Meer oor:  Sakp  |  Cyril Ramaphosa  |  Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.