Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Zuma wou Nxasana afdank oor klagte teen Jiba’

Oudpres. Jacob Zuma wou Mxolisi Nxasana as nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) afdank omdat hy nie gelukkig was dat Nxasana weer klagte teen die omstrede adv. Nomgcobo Jiba ingestel het nie.

Oudpres. Jacob Zuma.

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping het dit Woensdag gehoor toe adv. Mahlodi Muofhe, voormalige spesiale raadgewer van oudminister Ngoako Ramatlhodi daaroor getuig het.

Pres. Cyril Ramaphosa het Jiba, voormalige adjunk-NDOV, verlede maand met volle salaris geskors hangende ’n ondersoek na haar bevoegdheid vir haar pos.

Volgens Muofhe is hy in sy termyn as Ramatlhodi se spesiale raadgewer uit die bloute na ’n vergadering met Zuma en Nathi Nhleko, wat toe nog minister van polisie was, genooi.

“Die oudpresident (Zuma) het gesê hy wil hê ek moes die hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) word. Ek was geskok oor die aanbod. Ek het hom gevra hoekom ek, wat Nxasana verkeerd gedoen het en wat sal gebeur as ek hom persoonlik weens misdade wil vervolg.”

Mxolisi Nxasana. Foto: Alet Pretorius

Volgens Muofhe het Zuma net geantwoord dat hy dink Muofhe het dit wat nodig is om die NVG te stabiliseer.

“Oor wat Nxasana verkeerd gedoen het, het Zuma gevra waarom Nxasana Jiba weer aangekla het.

“Hy het gesê hy was ongelukkig omdat Nxasana Jiba vervolg het. Ek het toe gevoel dat hy my wou aanstel as NVG-hoof, maar dat Jiba eintlik die de facto-hoof daar sou wees. Ek het uit sy verduideliking verstaan dat hy my sou aanstel as NDOV solank ek nie aan Jiba sou raak nie.”

Volgens Muofhe was hy ongemaklik daarmee en het hy die aanbod van die hand gewys.

Zuma het ná ’n omstrede goue handdruk aan Nxasana in 2015 adv. Shaun Abrahams as NDOV aangestel. Abrahams het die pos vroeër vanjaar ná ’n hofbevel verlaat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.