Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Prehistoriese grot weer oop vir publiek

Van Europa se mees ongelooflikste prehistoriese grottekeninge in Altamire in die noorde van Spanje gaan weer Donderdag vir ’n handjievol besoekers oop wees.

Die grot, wat bekend is vir sy tekeninge van onder meer mense met dierekoppe, was vir 12 jaar lank gesluit. Dit was omdat die asem van die baie besoekers besig was om die prehistoriese verf te beskadig.

Een van die hoogtepunte is ’n stel tekeninge wat na raming 14 000 jaar oud is. Die tekeninge is van rooi en geel bisons, sowel as van perde, bokke en ander geheimsinnige simbole.

Net 192 besoekers gaan in die grot toegelaat word waarna ’n ondersoek weer gedoen gaan word om te kyk watter invloed dit op die tekeninge gehad het. Dit sal dan bepaal of die grot vir die publiek oopgehou gaan word.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.