Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
4 fassinerende ware misdade, verwerk vir die kassie

Enigiemand wat al gekyk het na die ware gebeure in ’n hofsaal, sal weet hoe saai en langdradig die tegniese terme en hofprosedures kan wees. Dit is allesbehalwe so opwindend as wat ’n mens sien in reekse soos The Good Wife of Suits waar die gevatte sêgoed tussen die regslui ’n mens vermaak en waar daar gewoonlik op die laaste minuut nuwe bewyse na vore kom om ’n saak mee te wen.

Maar dan is daar ook die gevalle waar die werklikheid sorg vir selfs meer spanning en intrige as die gewilde hofreekse op TV.

Die mediadekking van Oscar Pistorius se verhoor in 2014 het gesorg vir rekordgetalle kykers en bewys dat mense baie belang stel in dit wat werklik agter die geslote deure van ’n hofsaal gebeur.

Ons het vier ware hofdramas gekies wat na ons mening die openbare belangstelling aangegryp het en wat later die grondslag vir fassinerende dokumentêre prente geword het.

Jinx: The Life and Deaths of Robert Durst

Dié verslawende dokumentêre reeks van HBO handel oor Robert Durst, ’n skatryk eiendomsmagnaat wat in 2015 in hegtenis geneem is in verband met die moord in 2000 op sy hegte vriendin, wat soos ‘n teregstelling gelyk het.

Dit kom dan uit dat hy ook vroeër vrygespreek is op ‘n aanklag van moord in 2001, en dat sy vrou in 1982 vermis geraak het. Niemand het ooit weer van haar gehoor nie en haar lyk is nooit gevind nie.

In dié reeks, wat geskryf en geregisseer is deur Andrew Jarecki, vertel Durst sy verhaal in sy eie woorde, terwyl onderhoude gevoer word met mense na aan hom en die slagoffers. Alles word gedoen sodat die kyker self kan besluit of hy skuldig is of nie. 

Die laaste episode sorg vir ’n taamlike skok en dit is dalk goed om te weet hy is in hegtenis geneem kort voordat dié episode in Amerika uitgesaai is.

Dit is ’n ware misdaaddrama op sy beste en kykers sal sukkel om hulle weg te skeur voor die kassie.

Dit is nou ’n goeie tyd om na dié reeks te kyk voordat Durst se moordverhoor binnekort in Amerika begin. Daar is verdoemende bewyse wat hom in Los Angeles plaas toe sy vriendin in haar huis in Beverly Hills doodgeskiet is.

Kyk nou»

Khuli Chana: Picking Up the Pieces

In dié dokumentêr vertel Khuli Chana hoe sy loopbaan as opkomende hiphop-ster in 2013 tot stilstand gekom het toe die polisie hom nege keer met ’n outomatiese geweer raakgeskiet het nadat hulle hom vir iemand anders aangesien het.

Die dokumentêr gee meer besonderhede oor die voorval, asook oor die geldelike skikking wat bereik is ná ’n hofsaak in 2016 teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die hooggeregshof in Johannesburg. Meer lig word ook gewerp op hoe sy lewe sedertdien verander het.

Kyk nou»

Captivated: The Trials of Pamela Smart

Dié dokumentêre prent gaan oor die hofsaak waarin Pamela Smart aangekla is van die moord op haar man in die 1990’s. Dit was die eerste hofsaak in Amerika wat volledig op TV uitgesaai is.

Smart was toe 22 jaar oud en het ’n soort glanspersoonlikheid in Amerika geword terwyl mense elke kinkel, wending en drama in dié saak gevolg het.

Die dokumentêr fokus op die rol wat die media in die saak gespeel het, en sal die kyker laat wonder oor presies hoeveel invloed die mediadekking van ‘n saak werklik op hofverrigtinge het.

Kyk nou »  

204: Getting Away With Murder

Een van die fassinerendste hofsake in Suid-Afrika was die een wat gevolg het ná die moord op Brett Kebble. Die ondersoek het gelei tot die ontbloting van een van die mees bisarre kriminele sameswerings wat nog in die land gesien is.

Kebble was ’n charismatiese sakeman wat sy geld in die mynbedryf gemaak het en wie se lewe in 2005 in ’n koeëlreën uit ’n sluipmoordenaar se geweer geëindig het.

Die sakeman Glenn Agliotti en Jackie Selebi, die destydse polisiekommissaris, is later geïmpliseer. In dié dokumentêr word onderhoude gevoer met Selebi, Agliotti en lede van die Kebble-familie en so word die gevaarlike onderwêreld van die Suid-Afrikaanse gemeenskap blootgelê. 

Kyk nou »

Kyk op Showmax na al dié dokumentêre prente en reekse. Die eerste 14 dae is heeltemal gratis! Het jy geweet as jy ’n DStv Premium-kliënt is, kry jy Showmax nou gratis? Vind hier meer daaroor uit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier