Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
5 nuttige trouwenke uit Our Perfect Wedding

Our Perfect Wedding (OPW) volg elke week ‘n verloofde paartjie tot voor die kansel. Die verliefdes beplan elke liewe detail op hul wenslys in aanloop tot die groot dag sodat hulle uiteindelik hul droomdag en ‘n perfekte troue kan hê – maar hulle maak dit selde tot in die kanselpaadjie sonder ‘n goeie skeut drama.

Soms het die toekomstige bruidegom nog ‘n meisie op die kantlyn en ander kere is dit beterweterige tannies van die bruid wat die aanbieder, Kayise Ngqula, voor die kamera afmaak. Dié realiteitsreeks op Mzansi Magic is gepeper met die aksie en die eerste drie seisoene is nou beskikbaar op Showmax. Maar tussen al die drama deur is daar ‘n paar ongelooflike bruikbare wenke wat jy kan gebruik as jy self eersdaags voor die kansel gaan staan.

 

#1 Maak ‘n kontrolelys

Die kontrolelys is die kern van OPW en die één dokument waarheen daar heeltyd terugverwys word: rok, dekor, koek!

Dis nie kinderspeletjies om ‘n troue te beplan nie, so neem ‘n paar wenke van OPW en stel ‘n kontrolelys op. Stel maandelikse doelwitte wat bereik moet word, sodat take stelselmatig afgehandel word en jy nie oorweldig voel nie, sê die troubeplanners by die Aleit-groep.

#2 Dink mooi oor die heildronke 

Heildronke word vir altyd onthou – sommiges omdat dit so goed is en ander omdat dit so sleg is. Een van die toesprake op OPW wat die beste onthou word, is Nonkululeko se beste vriend se toespraak by die Mkhumbuzi-troue. Aanhangers het hul mening daaroor op Twitter gegee . . . en hulle was duidelik nie beïndruk nie!

  

As jy gevra word om ‘n toespraak by ‘n troue te gee, dink bietjie daaroor en berei deeglik voor sodat jy ‘n goedbewoorde heildronk op die troupaar kan instel. In die New York Times-artikel “The Art of the Wedding Toast” word sprekers aanbeveel om liewer by hul voorbereide toesprake te hou – die huweliksonthaal is die laaste plek waar jy van die os na die esel wil spring!

#3 Doen ‘n toetslopie met jou grimering

Hoewel OPW se Pretty Sibuyi pragtig gelyk het op haar troue, het aanhangers opgemerk haar grimering is nie eksie-perfeksie nie. 

Die haar- en grimeerkunstenaar Melanie Rivers skryf in Forever Bride dat ‘n toetslopie met jou grimering amper ‘n soort versekering is wat die bruid vooraf uitneem. “ ‘n Oefenlopie is ‘n goeie tyd om jou keuses te bespreek en om verskillende style wat dalk vir jou kan werk, uit te toets,” sê sy.

#4 Sê ja vir die regte rok 

Jy wil so graag jou troudag in ‘n jou droomrok deurbring, maar dit is moeilik om die perfekte rok op te spoor. Volg die voorbeeld van al die gunselingbruide op OPW en omskep die soektog na ‘n rok in ‘n prettige avontuur. Nooi nabye vriende en familielede wie se menings jy kan vertrou saam om jou te help om ‘n rok te kry wat perfek pas.

#5 Praat vooraf oor die soen  

Alle troues bou op tot die groot hoogtepunt: “Jy mag nou die bruid soen”. Maar sommige soene, soos Pretty en Kenny s’n, kan die huweliksgaste stomslaan.

Gegewe die feit dat jou trousoen waarskynlik nie die eerste keer gaan wees dat jy jou bruid of bruidegom soen nie, is dit heel aanvaarbaar (en word dit selfs aanbeveel) om vooraf ‘n paar riglyne neer te lê. “Om te verhinder dat die soen spanning veroorsaak of ongemaklik is, kry vooraf ‘n gemalike manier om mekaar voor die kansel te soen,” is eerwaarde Laure Sue Brockway se raad in ‘n artikel wat op Huffington Post verskyn het. “Maak seker julle het pret terwyl julle dit oefen!”

Kyk Our Perfect Wedding S1-S3 op Showmax om te sien hoe die paartjies probeer om elke wens op hul kontrolelys te bewaarheid. Kry ‘n gratis 14 dag-proefperiode as jy Showmax vir die eerste keer probeer en as jy ‘n DStv Premium-subskripsie het, kry jy Showmax gratis. DStv Compact- en Compact Plus-intekenare kry Showmax teen R49. Teken nou in >>

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier