Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
7 Afrikaanse flieks wat jy dalk nog nie gesien het nie
Van hartroerend tot hartverskeurend – dié plaaslike rolprente gaan jou diep raak.

Stroom hierdie flieks op Showmax vir jou volgende dosis local-is-lekker-vermaak.

 

Vaselinetjie

Helene word Vaselinetjie genoem omdat sy ’n wit vel het, maar sy word grootgemaak deur haar liefdevolle bruin grootouers. Wanneer maatskaplike dienste vasstel dat dit nie haar biologiese ouers is nie, word sy na ’n kinderhuis gestuur. Vaselinetjie is ’n roerende drama oor verlies en hoop. Kyk dit nou >>> 

As Jy Sing

In ’n sportmal skool is die sanggroep die uitgeworpenes. Maar hulle staan nie ’n tree terug vir enigiemand nie en met die hulp van hul musiekonderwyser kan klanke optower wat álmal laat luister. Die rolprent is ’n avontuur wat jou voete sal kielie. Kyk dit nou >>>

Modder en Bloed

Hulle is dalk oorlogsgevangenes, maar ’n groep soldate kry dit tog reg om kragte te meet met die vyand wat hulle gevang het. Hulle reël ’n rugbywedstryd: aangehoudendes teen bewaarders. Moenie hierdie aangrypende drama misloop nie. Modder en Bloed speel af teen die Anglo-Boereoorlog. Kyk dit nou >>>

Jou Romeo

 

Yvette en Tyler, wat gek is oor drama, is verpletter wanneer hul skool se opvoering van Romeo en Juliet gekanselleer word weens begrotingsprobleme. Hulle bedink ’n plan om die toneelstuk weer op die planke te kry, selfs al beteken dit Marko, wat nou in die hoofrol is, het geen idee dat hy deel is van die plan nie! Kyk dit nou >>>

Die Spook van Uniondale

Stefan is op pad om sy ouers te besoek en ry deur Uniondale, waar sy motor oorverhit. Hy is gestrand in dié klein dorpie en ontmoet vreemde karakters wat dalk nie regtig bestaan nie, wat lei tot ’n ervaring wat hy nooit sal vergeet nie. Kyk dit nou >>> 

Abraham

Showmax

Abraham is ’n sukkelende kunstenaar wat in die 1980’s in Suid-Afrika op die platteland bly. Hy droom daarvan om eendag sukses te behaal, maar die geluk is nie aan sy kant nie. Abraham is ’n tragiese rolprent en is die laaste fliek wat deur die Afrikaanse rolprentlegende Jans Rautenbach vervaardig is. Rautenbach word deur Screen Africa beskryf as “bes moontlik Suid-Afrika se mees gevierde en terselfdertyd mees omstrede rolprentmaker”. Hy het in 2016 gesterf op 80-jarige ouderdom – ’n jaar na Abraham die loket getref het en blink resensies ontlok het. Kyk dit nou >>>

Vuil Wasgoed

Niemand is nog ooit dood van harde werk nie, maar Wim en Kevin gaan geen kanse vat nie. Hulle maak geld deur ryk mense se klere te was en hulle trek dit sommer ook aan na partytjies toe! Dan ontdek hulle ’n vinger in een van die kledingstukke se sak en beland in groot moeilikheid. Vuil Wasgoed is ’n skreeusnaakse komedie. Kyk dit nou >>>

As jy DStv Premium het, kry jy Showmax gratis. Kry Showmax nou >>>
DStv Compact- en Compact Plus-intekenare kry Showmax vir net R49 per maand. Vind meer uit >>>

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier