Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
8 maniere hoe Showmax verbeter het
Showmax het oor die laaste drie jaar groot verbeterings aangebring.

Hulle het programme vir jou as jy knieserig voel, programme vir wanneer die hongerpyne knaag, programme om die kinders tydens vakansies te vermaak en selfs programme wat jy op geen ander stroomdiens sal sien nie – Showmax bied dit álles vir jou. Met so ‘n groot verskeidenheid van inhoud is dit eintlik moeilik om te glo dat Showmax nog net drie jaar deel is van ons lewens.

Hier is agt redes hoekom jy ‘n Showmax-aanhanger wil wees:

1.Showmax is die enigste plek waar jy HBO (en meer) in Suid-Afrika kan stroom

Om te sê Games of Thrones geniet kultus-aanhang sal wees om dié reeks te onderspeel. Dit het nie net gelei tot gewilde sêgoed soos “beyond the wall” en “winter is coming” nie, maar daar is selfs T-hemde beskikbaar met slagspreuke soos “Targaryen on the Streets, Dothraki in the Sheets”. Dis gek! Showmax het GOT en ander titels van HBO en Hulu wat mense aan die praat het, soos Harlots, Westworld en Handsmaid’s Tale (so gepraat van kultus-aanhang). Dit is die enigste plek waar jy HBO in Afrika kan stroom sonder ‘n DStv-subskripsie. Régtig!

2. Dis is gratis vir DStv premium-kliënte (en net R99 vir die res van ons)

Terwyl die petrolprys en kospryse steeds styg, het bied Showmax dié diens gratis aan sommige mense. Ja, jy kan gratis toegang tot Showmax kry as jy 'n DStv premium-kliënt is. As jy DStv Compact of Compact Plus het, kos Showmax jou net R49. Vir die res het die prys onveranderd gebly sedert 2015 – dit is steeds R99. Selfs al moes jy opofferings maak om geld te bespaar, kan jy steeds topvermaak kry in jou huis, voor jou TV. (Kyk hier hoe om jou DStv-rekening te koppel en gratis toegang te kry.)

3. Data het nie geval nie, maar . . .

Toegang tot goedkoop data is 'n uitdaging in SA. Oor die afgelope paar jaar was daar egter 'n grootse poging om hoëspoedvesel by talle woonbuurte te installeer en die pryse is mededingend. Showmax het ook al laer datakoste bepleit en het met groot sukses reeds daarin geslaag om te verseker dat kliënte goeie data-aanbiedings kry. Moenie van Showmax se ingeboude databesparingsinstrumente vergeet nie – dit laat jou kies hoeveel data jy wil gebruik wanneer jy 'n program stroom of aflaai.

4. Kyk dit enige plek

Het jy geweet daar is meer as 1,7 miljoen selfoontoepassings in die Googe Play-winkel sedert 2015 (en sowat 800 000 in die Apple App-winkel)? Showmax het seker gemaak hy bly nie agter wanneer dit kom by 'n wye verskeidenheid toepassings en toestelle nie. Showmax is beskikbaar op skootrekenaars, selfone, slim-TV’s, Apple TV, Telkom se LIT box, Sony PS4, Xbox One én die DStv Explora. Daarby laat die Showmax-toepassing vir iOS of Android-telefone of -tablette jou toe om tot 25 episodes van ‘n reeks of rolprente te kyk wanneer jy nié aanlyn is nie, so dit is regtig nuttig wanneer jy programme op jou eie tyd wil kyk.

5. Kyk wonderlike internasionale reekse, nou-nou!

Onthou jy toe jy nog ‘n hele week moes wag vir die volgende episode van jou gunsteling-program? Wanneer dit kom by TV-reekse, is tyd deesdae ‘n belangrike kwessie – so baie om te kyk, so min tyd. Ons wil die nuutste episode sien en ons wil dit nóú sien! Showmax het ernstige vordering gemaak om te verseker dat jy die nuutste episodes van Younger, Marvel’s Cloak & Dagger, Mr Robot, The Crossing en South Park kan kyk – slegs 24 uur ná dit in die VSA uitgesaai is.

6. Die engiste plek waar jy Suid-Afrikaanse reekse kan stroom

Suid-Afrika se rolprentbedryf het die afgelope paar jaar sterk mededinging gebied vir Nollywood (Nigerië se fliekbedryf) met die vervaardiging van vermaakprogramme van wêreldklas. Showmax het nie net sy eie aanbod van plaaslike programme verbeter nie, maar ons het ook gesien hoe reekse soos The River, Waterfront, Fynskryf en The Comedy Central Roast of Somizi blitsig beskikbaar is ná uitsending op DStv. Met so ‘n puik aanbod kan jy #kyklater deel maak van jou vermaakbeplanning.

7.Showmax wys nie net goue oues nie – reekse en flieks is éérste op Showmax beskikbaar

Dis nie net volledige reekse van Friends en Frasier wat op Showmax beskikbaar is nie (ons oordeel jou natuurlik nie as dit fuifkyk nie). Op Twitter klets mense oor die boeiende HBO-gesinsdrama Succession. Jy kan die eerste seisoen (jip, daar is reeds ‘n ooreenkoms onderteken vir ‘n tweede seisoen) van Succession nou op Showmax kyk. Kyk ‘n bietjie na al die ander programme wat jy eksklusief op Showmax kan sien

8.Genugtig! Oorspronlike inhoud van Showmax

 

Mense was nooit regtig voorbereid op die sukses van Tali’s Wedding Diary nie. Dit was reg in die kol wat aanslag en vermaak betref en mense het gepráát oor dié reeks. Wie sal vergeet hoe ver Tali bereid was om te gaan net om die perfékte troue te reël? Of haar “sout-van-die-aarde”-verloofde, Darren, se sakevenoot Rael Rosen en sy kwinkslae? Dit was maar die eerste oorspronlike Showmax-program en daar is nog báie op pad.

Steeds nie oortuig nie? Probeer Showmax se gratis 14 dae-proefperiode en besluit self.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier