Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Bekende sangers verklap hul 'onmisbare' Afrikaanse liedjies

Afrikaans is onmisbaar – en daar is vir elke Afrikaanse sanger daardie een onmisbare liedjie wat vir hom of haar ’n besondere betekenis inhou. Toets ook sommer self jou liriekekennis van bekende Afrikaanse treffers. 

Jack Parow

Vir Jack Parow is hierdie liedjie David Kramer se "Biscuits en biltong".

“Hy inspireer my baie en dit is een van my gunstelingliedjies van hom,” sê Parow.

Hy hou so baie van die liedjie dat hy self ’n weergawe daarvan opgeneem het.

Parow het ook ’n weergawe van Koos Kombuis se "Johnny is nie dood nie" opgeneem en sê dat die liedjie ’n groot impak op sy loopbaan gehad het.

FOTO Instagram / @leahmusieksa

Leah, die sangeres, aktrise en die nuwe aanbieder van Boer soek ’n vrou, sê dis “maklik” om te antwoord watter Afrikaanse liedjie vir haar onmisbaar is.

Gian Groen se "Vier seisoene kind" soos uitgevoer deur Laurika Rauch is vir haar onmisbaar.

“Ek het met haar musiek grootgeword en die liedjie het vir my uitgestaan. Dis ’n baie melodieuse, mooi liedjie”, sê Leah.

Sy sing dié liedjie ook gereeld by haar optredes.

HemelBesem, oftewel die kletsrymer Simon Witbooi, sê Afrikaanse hip-hop vorm ’n groot deel van wie hy is.

“Van daai rou emosie tot daai kwaad tot ’n lekker humor en woordspeling, dit roer my binneste as dit goed gedoen word,” sê Witbooi.

Iets wat altyd op sy iPod is, is iXa. Witbooi sê veral die liedjies "Silwer randjie" en "Kyk ma vorentoe" roer hom diep.

Wat intellektuele stimulus betref, is daar vir Witbooi nie ’n gelyke met Die Hooflig nie.

“Niemand kan hom ewenaar met wat hy vermag en die manier waarop hy die taal gebruik nie. Elke keer wat hy voor 'n mikrofoon staan, is hy onmisbaar,” sê hy.

Witbooi geniet ook Stef Bos se musiek en veral die liedjies "Komatiepoort" en "Stilbaai" sit hom in ’n “ander sone”. 

Hy is ook mal oor Gian Groen se "Stiltetyd" en Coenie de Villiers se "Die liefde".

’n Liedjie waarop Witbooi en sy vrou, Claudia (Yoma) gedans het, is Anneli van Rooyen se "Ek wil jou ken".

“Dis onmisbaar en haar stem is ook,” sê hy.

“Ek salueer daardie vrou en haar menswees.”

 Afrikaans is #onmisbaar in die mond van sy mense. Besoek Afrikaans.com vir meer. Vertel ons op sosiale media met die hutsmerk #onmisbaar wat Afrikaans vir jou besonders maak.

Meer oor:  Promosie  |  Musiek  |  Afrikaans  |  Speletjie  |  Afrikaans.Com
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.