Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Dié 5 reekse sal jou vasgenael hou voor die kassie

Moenie bekommerd wees oor hoe jy dié winternaweke gaan ontspan nie, want ons het alles klaar vir jou gereël. Tussen naelbyt-dramas, aanloklike wetenskapfiksie en plaaslike sepies sal jy baie reekse hê om dié maand te fuifkyk.

Siren, S1

‘n Reeks onheilspellende gebeure vind plaas wanneer Ryn (Eline Powell), ‘n geheimsinnige meisie, opdaag om in Bristol Cove na haar suster te soek. Die dorpie is bekend daarvoor dat dit eens die tuiste was van meerminne. Maar soos Indiewire dit beskryf, is dié wraaksugtige waternimf “geen Ariel nie”. Met baie meerminfantasie-aksie en spanning, sal Siren seisoen 1 jou op die punt van jou stoel hou. Kyk uit vir Sibongile Mlambo, wat die rol van Ryn se meerminsuster, Donna, vertolk. Sy is oorspronklik van Zimbabwe.

Lockdown, S1-2

Lockdown gee ons ‘n kykie in die lewens van aangehoudendes in ‘n Suid-Afrikaanse vrouetronk, waar hulle ‘n stryd voer met die duiwels wat hulle gevange hou. Volgens City Press het Lockdown staanplek gekry in die ruimte wat geopen is deur Orange is the New Black, maar hierdie reeks is tog uniek, ernstiger en fokus op kwessies en storielyne wat Suid-Afrikaanse vroue raak.

The Fosters, S1-5

The Fosters het reeds ‘n getroue gevolg opgebou van seisoen een tot vier en met die vyfde en finale seisoen wat vandeesmaand nét op Showmax beskikbaar is, is dit die beste tyd om hierdie pragtige laslappiegesin te leer ken. Stef Foster en Lena Adams, ‘n veelrassige lesbiese paartjie, het twee sibbe aangeneem terwyl hulle boonop sukkel om ‘n Latyns-Amerikaanse tienertweeling én Stef se biologiese seun groot te maak. The Fosters volg die individuele reise van elke lid van die familie en kyk hoe hulle seisoenale veranderings hanteer terwyl hulle die ware betekenis van liefde en familie leer ken.

Fynskrif

Hierdie splinternuwe regsdrama wentel om die regsfirma Van Wyk & Vennote, waar 'n span regslui uitdagende sake én persoonlike- en familiedramas moet hanteer. Met akteurs soos Neels van Wyk, Tinarie Van Wyk Loots, Chris van Niekerk en Kim Cloete, is dié reeks absoluut verslawend. Met net drie episodes agter die blad, oes dit reeds groot lof in van kritici en gehore. Die reeks bestaan uit 13 episodes en episode 1 tot 3 is gereed vir 'n heerlike fuifkyksessie op Showmax. Nuwe episodes is blitsig elke Woensdagoggend op Showmax te sien ná die uitsending op kykNET.

Younger, S1-5

Younger handel oor die verontagsaming van alle stereotipes oor veroudering. Dit ontgin die breekbare wêreld wat met groot sorg rondom een leuen gebou is. Dié romantiese komedie volg die doen en late van Liza (Sutton Forster), ‘n geskeide vrou van iets in die veertigs, wat haarself as ‘n millenniër voordoen om haar lewe van voor af op te bou. Die NY Times beskryf dit as ‘n lighartige, maar ingeligte kyk na geslagsongelykhede en verskille tussen generasies wat die lewe ingewikkeld maak – selfs vir fantastiese vroue. Younger is ‘n absolute moet-kyk, met verskeie beroemdes wat hul verskyning daarin maak, soos Hilary Duff en Debi Mazar.

Al hierdie reekse is ‘n fuifkyk werd en dit – en méér – is beskikbaar op Showmax. Kry ‘n gratis toetsperiode van 14 dae as jy vir die eerste keer aanteken vir Showmax. As jy ‘n DStv Premium-intekenaar is, kan jy Showmax kry teen geen ekstra koste nie. DStv Compact-intekenare kan Showmax aanskaf teen R49.

Teken nou in.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier