Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Die geval van die Boere aan die einde van die wêreld
In 'n klein, stowwerige dorpie in Argentinië bly 'n gemeenskap wat hou van sokkiejol en braai. Hulle is die nasate van Afrikaners wat 115 jaar gelede, ná die Anglo-Boereoorlog, van Suid-Afrika af hierheen gevlug het.

Hul taal en kultuur is in 'n stryd om oorlewing gewikkel, maar die dorpie bestaan vandag nog en die Boere wat daar bly hunker daarna om hul families te sien wat nog in Suid-Afrika bly.

Boere op die Aardsdrempel” is 'n dokumentêre program wat fokus op die dorpie Comodoro Rivadavia, 'n droeë, windverwaaide stukkie grond wat lyk soos die Karoo. Dit is hiér waar die Afrikaners hul in 1903 gevestig het. Dit is in Patagonië, 'n afgesonderde, stil en pragtige streek in Argentinië.  Kyk nou daarna.

Die Afrikaners het in dié afgesonderde deel van Argentinië aangekom, met die naam Comodoro Rivadavia. Foto: kykNET

In die openingstonele van die dokumentêr gesels Theni “Ty” Dickason oor sy erfenis. Sy ma is gebore op die skip waarmee sowat 650 Afrikaners oor die Atlantiese oseaan na Argenitinië gevaar het. Ty is in Argentinië gebore en praat steeds Afrikaans. Om die waarheid te sê is die Afrikaans wat 'n mens vandag in Comodoro Rivadavia hoor baie nader aan die gesproke Afrikaans van die vroeë 1990’s as wat dit is aan die taal wat vandag in Suid-Afrika gepraat word.

'n Patagoniese Boere-nasaat vertoon haar protea-tattoëermerk. Foto: kykNET

Hoewel Ty in Argentinië gebore is, het hy steeds 'n baie sterk verbintenis met Suid-Afrika en sy familie wat in dié land bly. Vroeg in die dokumentêr sien 'n mens hoe Ty uitkyk oor die Atlantiese oseaan, terwyl hy vertel hoe graag hy sy Suid-Afrikaanse familie wil sien. Dié beeld word opgestel teenoor dié van Cecil Dickason, Ty se neef, wat vanaf Kaapstad uitkyk oor die Atlantiese oseaan terwyl hy met verwondering praat oor die gevaarlike reis wat sy familie meer as 115 jaar gelede aangepak het toe hulle besluit het om van die oorlog in Suid-Afrika te vlug.

Vóór die verfilming van die dokumentêr het Ty Argenitinië nog nooit verlaat nie en was hy nog nooit op 'n vliegtuig nie. Maar dan word sy droom bewaarheid en hy kry die geleentheid om na Suid-Afrika te reis. Die dokumentêr volg sy emosionele reünie met sy familie “by die huis”.

Dié fassinerende dokumentêr, onder regie van Richard Finn Gregory, het drie Safta-toekennings in 2015 verowe: vir klankontwerp, redigering en kinematografie. Wanneer jy na hierdie rolprent op Showmax kyk, met sy lang, ontsagwekkende skote van die vreedsame Patagoniese landskap, sal dit maklik wees om te sien hoekom dié rolprent vereer is.

Kyk nou Boere op die Aardsdempel op Showmax » https://www.showmax.com/eng/movie/0c4mb8s7-boere-op-die-aardsdrempel

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier