Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Hoe om 60 dae se gratis Showmax op te eis
Intekenare van DStv Compact en Compact Plus kry Showmax vir twee maande gratis. Hier is wat jy van dié aanbod moet weet.

Showmax bied jou duisende programme, rolprente en dokumentêre reekse wat jy enige plek, enige tyd kan stroom, van plaaslike programme soos Dwaalster en The River, tot internasionale reekse wat jy op geen ander plek kan kry nie. As jy ’n intekenaar van DStv Compact of Compact Plus is, kom jy in aanmerking vir ’n gróót besparing op jou Showmax-intekening. 

Voeg Showmax voor 7 April 2019 by jou DStv Compact- of Compact Plus-rekening en kry Showmax gratis vir twee maande. Wanneer jou 60 dae-proeftydperk verstryk, betaal jy slegs R49 per maand.

Neem kennis dat die aanbod van ’n gratis proeftydperk van twee maande net geldig is vir mense wat vir die eerste keer aanteken op Showmax.

Al wat jy moet doen, is om aan te teken by www.showmax.com/dstv.

Waarna om te kyk op Showmax

Jy wonder seker wat jy alles kan doen met twee maande se Showmax. Vang op met reekse soos Game of Thrones – Showmax is die enigste plek waar jy Seisoen 1 tot 7 kan stroom, óf kyk na Suits – alles tot Seisoen 8.

Fuifkyk reekse wat eerste op Showmax was, soos die meesleurende dramareeks The Magicians en die vreemde komedie Sally4Ever.

Moenie plaaslike gunstelinge misloop nie, soos Hotel, met Schalk Bezuidenhout in die rolverdeling en Die Radio Raps Show wat deur Jonathan van die Oos-Rand – met sy kenmerkende onderstebo pet – aangebied word. 

Daar is ook vuurwarm oorspronklike inhoud op Showmax, soos The Girls from St Agnes. Die rolverdeling is onverbeterlik en sluit die manjifieke Makgotso M. in. Die nuutste oorspronklike reeks, Trippin with Skhumba, tref Showmax teen die einde van Februarie.

En gordel vas, want in Maart is daar ’n vuurwarm nuweling op Showmax – ongesensor en ongeredigeer: Comedy Central Presents the Roast of AKA.

Besoek www.showmax.com/dstv vir meer inligting.

Lokprent:

Is jy nié ingeteken op DStv Premium of Compact/Compact Plus nie?

Enige iemand kan aanteken vir Showmax, met óf sonder ‘n DStv-intekening. Teken aan by www.showmax.com vir ’n gratis proeftydperk van 14 dae.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier