Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Kry ’n paar rapse in saam met Jonathan van Radio Raps
Rikus de Beer, ook bekend as Jonathan, die aanbieder van Die Radio Raps Show, is terug met ’n tweede seisoen van sy trefferreeks – en dis eerste op Showmax beskikbaar.

Hoe beskryf ’n mens Die Radio Raps Show? As jy Jonathan, die fiktiewe aanbieder, was . . . wel dan sou die beskrywing van die program woorde soos “lekker” en “kief” bevat het. De Beer is terug in die tweede seisoen van Die Radio Raps Show met sy alter ego, Jonathan. En wat spesiaal kief is, is dat elke episode eerste in Suid-Afrika op Showmax beskikbaar is!

Jonathan kom van die Oos-Rand en hy praat meestal ’n stereotipiese, informele taal terwyl hy sy kenmerkende onderstebo pet dra. En De Beer, die man ágter die karakter, doen dit alles sonder om ’n spier te vertrek.

Die enigste tyd wanneer ’n glimlag wel deurbreek, is as hy blitsgesprekke met kinders voer, want hulle is dierbaar en ongelooflik eerlik wanneer hulle uitgevra word oor onderwerpe waaroor hulle nie eers ’n mening behoort te hê nie. En hul persoonlikhede is aansteeklik. “Ons het tonne pret terwyl ons Die Radio Raps Show opneem,” verduidelik De Beer – sonder daardie kief pet wat so tipies is van Jonathan. “Baie van die goed wat ons doen is tong-in-die-kies. Ons neem onsself nie te ernstig op nie en ons praat met mense op ’n gewone, toeganklike vlak. Ons praat nie af na mense nie. Ons is almal in dieselfde bootjie en ons het net ’n lekker tyd.”

Laat ons lag!

Die Radio Raps Show fokus nie net op Jonathan wat grappies maak en pret het nie. De Beer en sy alter ego toer die hele land plat – van noord tot suid, oos na wes – op soek na dorpe, mense en gemeenskappe wat ’n behoefte het aan ’n lekker lagsessie en ’n skeut komedie. Dit gebeur gereeld dat hy sy teikenmark opspoor wég van die groot stadsgeraas. “Daar is eerlikwaar nie ’n gunstelingdorp wat ek sover in die reeks se twee seisoene besoek het nie,” sê De Beer. “Ek geniet dit om weg te kom van groot stede. Ek het op ’n plaas grootgeword – op die platteland tussen Klerksdorp en Potchefstroom.”

De Beer se jaar het besig afgeskop. Hy was in Januarie in Peru vir die Dakar-wedren, waar hy bemarkingsverskynings vir sy borge gedoen het. Hy is op sy gelukkigste wanneer hy toneel kan speel, soos vir Die Radio Raps Show.

“Dis nie nét ‘n geselskomedieprogram nie. Daar is so ’n bietjie lekker kombuisvaardighede ook betrokke – selfs al bak ons net ‘n vinnige bierbroodjie en meng ’n paar skerfies biltong by. Dis ’n lekker vermenging van genres.”

Jonathan is meer as net die “main konyn” . . . hy gee sommer terselfdertyd raad vir wie ookal ’n helpende hand nodig het. Soms is die raad bietjie aan die kru kant, op sy tipiese “ek-sê-dit-hoe-dit-is”-manier. Maar dit beteken nie die raad het minder waarde nie, want De Beer volg een belangrike riglyn met sy karakter en in sy eie lewe. “Bly altyd nederig en onthou waar kom jy vandaan. Wees liewer die sout van die aarde as een van daardie ouens wat heeldag rondloop en sy eie beuel blaas!”

Stroom Die Radio Raps Show S2 aanlyn, eerste op Showmax

Kry De Beer te sien in die tweede seisoen van Die Radio Rapos Show én sy fliek, gepas getiteld Jonathan: Die Movie. En as 'n bonus, kyk deur sy bril na die lewe in Radio Raps Tour. Al dié inhoud is nou beskikbaar op Showmax.

Teken in op Showmax

  • 'n Nuwe Showmax-intekenaar? Kry ‘n graties 14 dae-proeftydperk by showmax.com.
  • ’n DStv-intekenaar? Kry Showmax gratis met DStv Premium en ’n gratis proeftydperk van twee maande met DStv Compact en Compact Plus. Gaan na showmax.com/dstv vir meer inligting.
  • ’n Vodacom-intekenaar? Voeg Showmax by jou Vodacom-rekening en kry Showmax én 15GB se data gratis tot 28 Februarie 2019. Gaan na showmax.com/vodacom vir meer inligting.

Seisoen 1 lokprent

Seisoen 2 lokprent (Facebook, bevat kru taal)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier