Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Kyk dié 12 Safta-benoemde Afrikaanse produksies aanlyn
Die benoemings vir 2019 se Safta-pryse is onlangs aangekondig en dit sluit talle Afrikaanse produksies in, wat nou aanlyn gekyk kan word.

Soek jy na die beste vermaak in Afrikaans? Jy hoef nie verder te soek as dié reekse en rolprente wat vir 2019 se Safta-pryse benoem is nie. En dis alles beskikbaar om te stroom op Showmax en DStv Now.

Kanarie: vyf benoemings

Hierdie hoogs aangeskrewe rolprent is ’n musikale oorlogsdrama waarin die karakters volwassenheid bereik. Dit speel af in die middel tagtigs en is ’n beeldskone uitbeelding van liefde en vryheid, teen die onderdrukkende agtergrond van apartheid.

Huur dit op DStv Box Office vanaf 15 Februarie.

Suidooster: vier benoemings

Drie families van Kaapstad verdien hul inkomste uit Suidooster, ’n winkelsentrum in die fiktiewe woonbuurt Ruiterbosch. Die sepie handel oor ’n multikulturele gemeenskap, hul uitdagings en oorwinnings. Hierdie kykNET-sepie ding mee in die afdeling vir gewildste TV-sepie/telenovelle.

Stroom S1-S3 op Showmax en S4 op DStv Now.

Getroud Met Rugby: vier benoemings

Dié gewilde kykNET-reeks wat ’n sepie geword het, is propvol skermutselings – op én van die veld af. Almal probeer wen – van nuwe boeke tot nuwe babas – en sommiges sal enige prys betaal om dit te laat gebeur . . .

Stroom S1-S2 op Showmax en S3 op DStv Now.

Hotel: drie benoemings

Ferdie Kruger (James Borthwick) is ’n middeljarige hotelbestuurder in dié kykNET-komedie. Hy sukkel om sy hotel in Mpumalanga aan die gang te hou. Kyk ook uit vir die skreeusnaaks Schalk Bezuidenhout, wat die rol van Danny vertolk.

Stroom Hotel S1-S2 op Showmax en S3 op DStv Now.

Elke Skewe Pot: drie benoemings

Elke pot het ’n deksel . . . wat iewers rondlê. Dié komediereeks van kykNET gaan jou laat lê soos jy lag. Vier vroue bedryf ’n maatsoek-agentskap om mense te help om daardie spesiale sielsgenoot te vind.

Stroom Elke Skewe Pot S1-S2 op Showmax.

Meerkat Maantuig: drie benoemings

Na die dood van haar pa ontdek Gideonette dat sy die laaste oorblywende familielid is wat die vloek van die Gideon de la Reys moet dra. Hierdie kykNET-rolprent is al verskeie keer bekroon.

Stroom Meerkat Maantuig op DStv Now.

Fynskrif: drie benoemings

Fynskrif, ’n kykNET-reeks, speel in Kaapstad af. Dit wentel om die gebeure en personeel van die regsfirma Van Wyk & Vennote. Daar is nie dramatiese tonele uit hofsake nie, want die firma fokus op siviele sake en nie strafsake nie. Maar jy kan hope drama verwag wat buite die hof afspeel, want die karakaters se persoonlike lewens spoel oor na die kantoor.

Stroom Fynskrif S1 op Showmax.

Knapsekêrels: twee benoemings

Dié kykNet-reeks speel af in Johannesburg en beeld die verhaal uit van vier uiteenlopende gesinne. Die Bekkers, Zimmermans, Davidse en Fortuins leer mekaar beter ken wanneer ’n lid van elkeen van dié gesinne in die groot stad vasgevang word in ’n stryd om oorlewing.

Stroom Knapsekêrels S1 op Showmax.

Binnelanders: twee benoemings

Hierdie gewilde sepie van kykNET is al járe op die kassie. Dit speel af in ’n fiktiewe private hospitaal in Pretoria en volg die vreugde, verdrukking en trauma van personeel en pasiënte.

Stroom Binnelanders van die begin af op Showmax en haal in op verlore episodes op DStv Now.

Wonderlus: een benoeming

Na ’n troue heeltemal misluk, ontdek die verpletterde bruidegom onverwags die liefde van sy lewe. Dié wonderlike kykNET-rolprent bied ’n dapper perspektief op die liefde.

Stroom Wonderlus op DStv Now en Showmax.

Susters: een benoeming

Drie vervreemde susters word herenig na hul ma se dood en onderneem ’n rit deur die Karoo. Verwag fantastiese uitrustings in dié kykNET-produksie, wat benoem is in die afdeling vir Beste Kostuumontwerp.

Stroom Susters op DStv Now.

Parlement Parlement: een benoeming

Hierdie geselsprogram gaan jou hardop laat lag. Suid-Afrika se skerpste komediante debateer – op ‘n ligte noot – die sake van die dag.

Stroom Parlement Parlement S1 op Showmax.

MultiChoice het ’n vroeë voorsprong by die Saftas, want dit is die uitsaaier met die meeste benoemings – ’n totaal van 149.

Dit sluit in die meeste benoemings is al die groot afdelings, soos beste rolprent, TV-komedie, TV-drama, sepie en telenovelle.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier