Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Kyk hierdie Leon Schuster-flieks aanlyn
Jy kan nou ses van dié Suid-Afrikaanse poetsbakker se gewildste flieks op Showmax stroom.

Leon Schuster is een van Suid-Afrika se suksesvolste rolprentmakers en hy is boonop ’n Sama-wenner! Wie sal ooit die wegholsukses van “Hie’ kommie Bokke” in 1995 vergeet? Hiermee het Schuster die toekenning gewen vir Beste Albumverkope van die Jaar. Nou kan jy ál Schuster se gloriedae herleef, want al sy gewildste flieks is op Showmax beskikbaar.

Oh Schucks, It’s Schuster!

Schuster is terug met nog pret en sy versteekte kamera. Hy bak skreeusnaakse poetse op niksvermoedende lede van die publiek. Net wanneer mense woedend kwaad wil raak, onthul hy dat dit alles net ’n poets is en dan raak die deelnemers (meestal) onbedaard aan die lag. Dis verspot, dog immergroen.

Kyk nou »

You Must Be Joking!

Herbesoek Schuster se grensverskuiwende versteekte kamera-fliek, waarin hy Suid-Afrikaners in lawwe situasies inlok sonder dat hulle vooraf enige idee het wat aangaan. Hy wag eers tot hulle regtig warm onder die kraag raak voor hy homself identifiseer. Die fliek is dertig jaar gelede vervaardig, maar dis steeds klassiek!

Kyk nou»

Mr Bones

Die langverlore seun van ’n koning uit Afrika is nou ’n suksesvolle gholfspeler in die VSA. Sy pa stuur sy wit sangoma, vertolk deur Schuster, om die uitblinker-atleet terug te bring huis toe om die koninkryk oor te neem. Maar wie gaan dié dwaas glo?

Kyk nou»

Mr Bones 2

Schuster is terug as die sangoma en moet weer help om ’n koninkryk te red. Dié keer moet hy eers ’n skaars klip vind wat blykbaar toorkragte het en wat in Indië verlore geraak het. Is daardie land gereed vir dié maltrap se streke? Natuurlik nie!

Kyk nou»

Millenium
Millenium

Millennium Menace

Dis die 21ste eeu, maar ons is steeds dieselfde mense wat ’n grap kan vat (of nie). Schuster is weer terug met sy versteekte kamera en om te kyk of daar nog iemand oor is met ’n humorsin. Hy daag sy kykers uit om iets snaaks te vind in hul alledaagse lewe.

Kyk nou»

Het jy nie Showmax nie?

Só teken jy aan: 

Nuwe intekenaar? Gaan na showmax.com en kry ’n 14 dae-gratis proeftydperk. Na die proeftydperk verstryk het, kos Showmax R99 per maand.

DStv Premium-intekenare kan Showmax gratis by hul intekening voeg. Gaan na showmax.com/dstv.

Intekenare van DStv Compact en Compact Plus kwalifiseer vir ’n gratis proeftydperk van 60 dae as hulle voor 7 April 2019 aanteken. Gaan na showmax.com/dstv

Tot die einde van Maart 2019 kry Vodacom-intekenare 15 GB se gratis Showmax-data oor ’n tydperk van drie maande, plus ’n gratis Showmax-proeflopie van drie maande. Gaan na showmax.com/vodacom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier