Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
My Kitchen Rules en tien ander SA werklikheidsreekse
Suid-Afrikaners het ’n skatkis van vermaak waaruit hulle kan kies. Hoewel daar nou meer kyk-opsies as ooit tevore is, is daar steeds dié programme wat bo die res uittroon, wat jou vasgenael hou voor die televisie en wat jou geduld beproef as jy vir ’n volgende episode moet wag.

Hier is ons lys van die top-11-werklikheidsreekse uit eie bodem, en wat elkeen so spesiaal maak:

My Kitchen Rules

Suid-Afrikaanse huiskokke neem in pare deel aan dié reeks waarin hulle R1 miljoen kan wen deur ’n ete aan te bied vir hul mededeelnemers en die beoordelaars, J’Something en David Higgs. Dit raak gou smerig – in meer as een opsig. Nie almal het ewe veel talent in die kombuis nie en die sosiale vaardighede om die tafel is ook nie altyd wat dit moet wees nie. Seisoen 2 begin op 3 Junie op DStv, so gebruik die geleentheid om voor dit na die eerste seisoen te kyk.

Kyk nou »

Wedding Bashers

Soek jy nog ’n bietjie stres en drama op jou troudag? Doen dan wat dié Suid-Afrikaanse paartjies gedoen het en nooi die “wedding bashers” Cindy Nell, Denise Zimba, Siba Mtongana en Zavion Kotze. Kyk wat agter die skerms gebeur op die troudag van 24 paartjies wat wag om te sien of hul spesiale dag aangewys gaan word as die troue van die seisoen.

Kyk nou »

Die Radio Raps Show

Die Afrikaanse internetsensasie Radio Raps, soos vertolk deur Jonathan van die Oos-Rand (Rikus de Beer), leef van nou af nie net meer op slimfone en rekenaarskerms nie, maar kry ook sy eie TV-program, Die Radio Raps Show. Aanhangers van Radio Raps se gewilde video’s en voice notes kan nou ook uitsien na meer van sy unieke humorsin, dié maal verpak in halfuur-lange episodes vir die TV-skerm. In Die Radio Raps Show volg die kamera vir Jonathan waar hy onderhoude met bekendes voer, toeris speel in onverwagse dorpies, kook en komplekse konsepte aan kinders verduidelik.

Kyk nou »

Being Bonang

Volg die glanslewe van een van Afrika se gewildste aanbieders en mediapersoonlikhede. Van intieme oomblikke tot Benglish – Bonang sal jou betower en vermaak.

Kyk nou »

Becoming Mrs Jones

In hierdie trouprogram in drie dele kan jy op reis gaan saam met die mediapersoonlikheid Minnie Dlamini – vanaf haar dae as enkellopende tot die vreugde van die huwelikslewe saam met haar geliefde man, Quinton Jones.

Kyk nou »

Living the Dream with Somizi

Somizi Mhlongo, ’n flambojante vermaaklikheidster, bied kykers ’n blik op sy persoonlike lewe en stel hulle bekend aan ’n paar charismatiese karakters wat hom gehelp het om dié fantastiese lewe te skep. Skop jou skoene uit en trek die snesies nader, want jy gaan lag dat die trane rol.

Kyk nou »

Rich Kids

Betree die wêreld van rykdom en luuksheid saam met Mzansi se vooraanstaande jeug. Hetsy hul gunsteling-ontwerpers of waarop hulle graag hul geld blaas, Rich Kids gee jou ’n kykie op die fabelagtige lewe van dié welaf jong mense.

Kyk nou »

Wild en Wragtag

Ons bespreek inligting oor produkte en dienste vir die wildbedryf, besoek verskeie interessante bewaringsprojekte en gesels ook oor jagetiek, jagtegnieke, wapens, optiese toerusting, ammunisie en boogjag.

Kyk nou »

Die Kliek

Die Kliek is deesdae om en by die coolste plek om liefde te vind - as jy die soort mens is wat hierdie soort ding graag op TV doen terwyl ’n komediant met ’n skerp tong jou uithaal. Die mans word op hul sosialemediaprofiele getakseer deur ’n groep vroue en moet hulself deur middel van fisiese uitdagings aan die vrouens bewys. Uiteindelik kan die kêrel kies met watter meisie hy op ’n date wil gaan. Geen plase, beesmis of koei-parades nie – dis regte romanse in die 21ste eeu. Komediant Schalk Bezuidenhout het harte gesteel as die reeks se eerste aanbieder, en in die jongste reeks neem stoute ou Jack Parow die leisels by hom oor. Om liefde te vind in die era van reality TV en Tinder kan ’n komiese en bisarre ervaring wees – en op Die Kliek sien jy die beste hiervan.Kyk nou »

Nisboere

’n Boerdery hoef nie groot te wees om ’n massiewe impak te hê nie. Via se jongste landbouprogram Nisboere fokus juis op boerderye wat klein stukkies grond op merkwaardige maniere aanwend. Boere wat met interessante dinge soos laventel, olywe, eksotiese sampioene en maniatuurperde woeker is hier in die kollig, en selfs kykers wat niks van boerdery weet nie, sal die stories geniet oor hoe en waarom die boerdery tot stand gekom het, terwyl boere heelwat by die nisboere sal kan leer. Die mense is doodgewoon, maar die boerderye is uniek: ons praat hier van krokodille, proteas en tropiese visse, en die boerderye kan enige iets van ’n hektaar grond tot ’n kleindorpse motorhuis beslaan. Die aanbieders, Anrich Herbst, Chris de Clerq en Simonia Magardie, deel ook nuttige wenke oor tuis-groentetuine.

Kyk nou »

Boer Soek 'n Vrou

Tien enkellopende boere soek 'n vrou! Dié opwindende realiteitsreeks volg die boere in hul soeke na liefde. Minki van der Westhuizen deurkruis die land om die boere op hul plase te ontmoet en uit te vind waarna hulle in ’n lewensmaat soek.

Kyk nou »

Kyk na al dié reekse en vele meer op Showmax. As jy vir die eerste keer inteken, kan jy dit vir 14 dae gratis op die proef stel, en as jy op DStv Premium ingeskryf is, kry jy Showmax gratis. Mense wat ingeteken is op DStv Compact betaal R49 vir Showmax.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier