Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Nuwe, verbeterde e-leser vir jou koerante en tydskrifte
pagesuite

Goeie nuus! Ons het pas 'n splinternuwe, verbeterde e-leser geloods waarop jy elke dag jou e-koerante en -tydskrifte op jou rekenaar kan lees. Dit lyk presies soos die koerante en tydskrifte wat jy op papier lees. 

HOE HET JOU E-LESER VERANDER?

1. Jy kan nou die PDF-bladsye nog verder vergroot vir 'n gemaklike leeservaring.

2. Ons het "rakke" reggepak en koerante en tydskrifte netjies in twee afdelings gekategoriseer.

HOE GEMAAK OM DIE E-LESER TE GEBRUIK?

1. Klik, soos gewoonlik, op "E-publikasies" op jou rekenaar of tablet en jy sal outomaties na die nuwe e-leser herlei word.

E-publikasies



2. Kies dan of jy "Tydskrifte" of "Koerante" wil lees.

Kies wat jy wil lees in jou nuwe e-leser.
Kies wat jy wil lees in jou nuwe e-leser.


Op jou rekenaar lyk die biblioteek met koerante nou só:

Biblioteek met koerante in jou nuwe e-leser

Op jou rekenaar lyk die biblioteek met tydskrifte nou só:

Die tydskrifte-'rak' in jou nuwe e-leser.
Die tydskrifte-'rak' in jou nuwe e-leser.



3. Wanneer jy op 'n koerant- of tydskrifuitgawe klik om te begin lees, sal jy stap vir stap verduidelik word hoe om die nuwe funksionaliteite te gebruik. 

Netwerk24 se nuwe e-leser



4. Noudat jy weet hoe om jou nuwe e-leser te gebruik, klik op "Lees" om te begin

Koerante in die nuwe e-leser



5. As jy na 'n spesifieke bladsy wil gaan, klik op "Bladsye" in die linkerkantste hoek onder en navigeer na die spesifieke bladsy. 

Jou kortpad-skakel na 'n spesifiek bladsy.
Jou kortpad-skakel na 'n spesifieke bladsy.


NOG FUNKSIES 

* Argief: Jy het nog 'n lekker vol argief met vorige uitgawes beskikbaar. 

* Soekfunksie: Jy kan nou vir die eerste keer PDF's met soekterme deursoek en daardie gunsteling-glanspersoon, -resep of -onderwerp opspoor. 

* Lees later: Jy kan volle uitgawes of slegs enkele bladsye bêre om later te lees of vir as jy iets later weer wil oproep, soos 'n lekker resep of 'n mooi dekoridee. 

INTERNETTOEGANG
Jy het internettoegang nodig om e-publikasies te lees. As jy jou datakostes wil bestuur, lees eerder jou e-publikasies terwyl jy aan wifi gekoppel is. 

WIE KAN WAT LEES?

Tydens jou 30-dag-toetstydperk kan jy slegs e-koerante lees. Slegs intekenare kan e-tydskrifte óók lees. 

Nog nie 'n intekenaar nie? Klik om die intekenopsies te sien.

HULP NODIG?

KONTAK ONS DIENSLYN

diens@netwerk24.com

087 353 1300

HOE NOU MET MYSUBS?

Jou e-publikasies sal steeds tot 29 Februarie 2020 op MySubs beskikbaar wees. Daarna sal die MySubs-platform op rekenaar en in app-formaat gesluit word. Maak seker jy laai die uitgawes betyds af indien jy dit graag wil behou. 

TERUGVOER: HOEKOM IS DIE AFLAAI-FUNKSIE NIE MEER BESKIKBAAR NIE?

Ongelukkig is die aflaai-funksie in ons vorige e-leser (MySubs) toenemend misbruik deurdat volle uitgawes van koerante en tydskrifte onregmatig op whatsapp, sosiale media en per e-pos versprei is. Ons is toe genoodsaak om hierdie funksie in die nuwe e-leser af te skakel.

Die Lees Later-funksie bied wel 'n manier waarop jy van lyn af kan lees.

Ons verwelkom en slaan ag op die terugvoer wat ons kry oor alle aspekte van die e-leser en werk saam met ons tegniese span daaraan om die e-leser te bly verbeter.

Met MySubs het lesers ‘n behoefte uitgespreek om die teks nog meer te kan vergroot. In die nuwe e-leser is dit nou moontlik. So ook kan lesers nou binne die Netwerk24-app hul e-publikasies lees, terwyl hulle vantevore ‘n afsonderlike app daarvoor moes aflaai.

MySubs het verouderde tegnologie gebruik, wat onder meer veroorsaak het dat koerante dikwels laat soggens beskikbaar geraak het. Dit het tot baie klagtes van lesers gelei, vandaar ook die besluit om na nuwer tegnologie oor te skakel.

MySubs is wel nog beskikbaar tot 29 Februarie 2020.

Klik hier vir jou MySubs-biblioteek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.