Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Ontmoet die vyf rykste families in Afrika
Daar was 25 miljardêrs uit Afrika op Forbes se lys in 2017.
  • Van die topvyf, kom drie uit skatryk families en hulle is eerste- of tweedegenerasie erfgename.
  • Anders as in die VSA, het Afrika se rykste mense nié hul miljarde gemaak uit tegnologie nie, maar wel uit konstruksie, goedere en diensverskaffing.
  • Daar is slegs twee vroue op die lys – Isabel dos Santos van Angola en Folorunsho Alakija van Nigerië. 

Een ding wat ons van Afrika se miljardêrs kan leer, is dat jy nie olie of diamante hoef raak te boor om ryk te word nie. Kreatiwiteit speel ‘n sleutelrol in ons rykste sakelui se ondernemings – van munt slaan uit sement tot die verkoop van sigarette uit 'n motorhuis. Hulle het hul rykdomme van niks af opgebou en sommige het dit selfs twee keer gedoen!

Hul leefstyle lyk dalk baie eksklusief en buite die bereik van die res van ons, maar ons is omring deur magnate, reg hier in Afrika.

Hier is vyf van die rykste families in Afrika:

Aliko Dangote, uitvoerende hoof van die Dangote-groep. Foto: Bloomberg

1. Die Dangotes, Nigerië

Aliko Dangote is volgens Forbes Afrika se rykste man, met ‘n netto-waarde van $11,3 miljard (R163 miljard). Dangote is die stigter en voorsitter van Dangote Cement, die vasteland se grootste vervaardiger van sement. Sy fortuin is amper 3% van dié van Nigerië se BBP. Dangote besit ook aandele in maatskappye wat sout, suiker en meel vervaardig. Min is bekend oor die erfgename van die Dangote-groep, maar tussen sy dogters Halima Bello (Dangote), Maria Dangote en Fatima Dangote en sy aangenome seun, Abdulrahman Fasasi, is daar ‘n hele paar opvolgers om dop te hou.

2. Die Oppenheimers, Suid-Afrika

Vir 85 jaar tot 2012 het die Oppenheimer-familie ‘n beherende rol gespeel in diamanthandel in die wêreld. Dit het alles in 1917 begin toe sir Ernest Oppenheimer, 'n diamant- en goudmynentrepreneur, die Anglo American Corporation of South Africa gestig het en in 1929 die voorsitter geword het van die De Beers-diamantmaatskappy. Harry Oppenheimer, sy seun, was ook die voorsitter van Anglo American én De Beers. Nicky Oppenheimer, Harry se seun en erfenaam van die familierykdom, was die derde generasie in die familie om De Beers te bestuur. Sy netto-waarde staan op $7,6 miljard (R109,73 miljard), wat hom volgens Forbes die rykste man in Suid-Afrika maak. Nicky se enigste seun, Jonathan, is die direkteur van E. Oppenheimer & Seuns Beperk.

3. Die Sawiris, Egipte

Die Sawiris is die rykste familie in Egipte. Onsi, hoof van dié familie, het Orascom Construction in 1950 gestig, maar hy moes vroeg in sy loopbaan baie struikelblokke oorkom toe Gamal Abdel Nasser sy maatskappy genasionaliseer het. Dit het Onsi nie van stryk gebring nie en onder pres. Anwar Sadat, wat baie vriendeliker ingestel was op sake, het Onsi Orascom weer van die grond af opgebou tot Orascom Construction Industries. Sy drie seuns bestuur nou dié onderneming, wat hoofsaaklik in drie groot sektore bedrywig is: konstruksie, telekommunikasie en toerisme. Twee van Onsi se seuns, Nassef en Naguib, is ook miljardêrs. Nassef, wat die onderneming in 1995 by sy pa oorgeneem het, is nommer 251 op Forbes se lys van miljardêrs, met ‘n netto-waarde van $7 miljard (R101 miljard).

Anton Rupert

4. Die Ruperts, Suid-Afrika

Anton en Johann Rupert is bekende name in Suid-Afrikaanse sakekringe, met dié pa-en-seun-duo wat albei op Forbes se lys van miljardêrs voorkom – elk suksesvol op sy eie gebied. Anton Rupert se verhaal is so reg uit 'n storieboek – van die verkoop van sigarette uit sy motorhuis tot die stiging van Rembrandt, 'n tabak- en nywerheidskonglomeraat. In 1998 is Rembrandt verdeel in Remgro ('n beleggingsmaatskappy met belange in finansies, mynbou en industrie) en Richemont ('n Switserse gebaseerde weeldegoederegroep). Anton se seun, Johann, is nou die voorsitter van Compagnie Financiere Richemont, wat bekend is vir internasionale handelsmerke soos Cartier en Montblanc. Johann Rupert se netto-waarde is volgens Forbes $6,5 miljard (R93 miljard). Johann het drie kinders, Anton junior, Hanneli en Caroline.

5. Die Adenugas, Nigerië

Mike Adenuga was eens op 'n tyd 'n nederige taxibestuurder in die VSA. Vandag staan hy aan die hoof van 'n multi-miljard-dollarmaatskappy in Nigerië. Met 'n netto-waarde van $4,1 miljard (R59,2 miljard) is Mike Adenuga volgens Forbes die tweede rykste man in Nigerië. Hy het nie ryk geërf nie en sy eerste miljoen op die ouderdom van 26 gemaak deur kant te verkoop en Coca-Cola te versprei. In 2003 het Mike Globacom gestig – Nigerië se tweedegrootste selfoonnetwerk – en daarmee 'n goudmyn raakgeboor. Sy bynaam is The Bull en hy besit ook Conoil Producing Limited, 'n oliemaatskappy. Ons sal maar 'n ogie moet hou oor sy agt kinders om te sien hoe die Adenuga-familie se rykdom in die toekoms uitbrei. 

Droom jy om te leef soos die rykstes? Wees ‘n vlieg teen die muur in die herehuise van eksentrieke en stinkryk families met die HBO-drama Succession, eksklusief net op Showmax beskikbaar.

Kry 'n gratis 14 dae-proefperiode as jy vir die eerste keer aanteken vir Showmax en as jy 'n DStv premium-subskripsie het, kry jy Showmax teen geen ekstra koste nie. DStv Compact en Compact Plus-intekenare kry Showmax teen R49. Teken nou in.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier