Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Só werk Showmax saam met DStv
Wat is die konneksie tussen Showmax en DStv? Van Suid-Afrika se algemeenste vrae word hier beantwoord.

1. Is Showmax ’n kanaal op DStv?

Nee, Showmax is ’n internet-stroomdiens met ’n katalogus van meer as 30 000 episodes van reekse, rolprente, dokumentêre prente en kinderprogramme. Dit is alles te enige tyd beskikbaar deur die Showmax-app of webtuiste op enige toestel wat aan die internet gekoppel is – skootrekenaars, slimfone, slim-TV’s, rekenaarspeletjiebeheerders en die DStv Explora.

As jy een keer ingeskryf het op Showmax, kan jy tegelykertyd na twee verskillende programme op twee verskillende toestelle kyk. Tot 25 programme kan afgelaai word om later te kyk as jy nie aanlyn is nie.

Intekenare kan programme, reekse en rolprente op hul slimfone en tablette aflaai om later te kyk as hulle nie aan die internet gekoppel is nie, soos wanneer hulle reis. 

2. Moet ek DStv hê om Showmax te kry?

Nee, Showmax is daar vir almal. Die verskil is dat DStv-intekenare goeie ooreenkomste kan aangaan vir ’n maandelikse bedrag van R99. Intekenare op DStv Premium kry Showmax gratis, terwyl intekenare op DStv Compact en Compact Plus Showmax kan kry vir net R49 per maand.

Om hiervoor in aanmerking te kom, moet DStv-intekenare Showmax by hul rekening voeg deur te gaan na

Manage Account > Manage subscription en dan DStv te kies as betalingsmetode.

Vind meer uit by www.showmax.com/dstv.

3. Het ek ’n DStv Explora nodig om Showmax te kyk?

Nee, Showmax is beskikbaar op enige internetgekoppelde toestel wat ’n app vir Showmax het – Android- en iOS-fone, skootrekenaars en rekenaars deur die webspeler.

Daarby is die diens ook beskikbaar via DStv Exploras. Die voordeel daarvan om Showmax op die Explora te hê, is die vermoë om regstreeks op die groot TV-skerm te kan stroom. 

4. Gebruik Showmax data al werk hy deur die Explora?

Ja, Showmax het ’n internetkonneksie nodig om te werk omdat dit ’n internetdiens is. DStv-intekenare met ’n DStv Explora, sal Showmax net deur die Explora kan kyk as dit aan die internet gekoppel is. 

 Kyk hier hoe om jou Explora te koppel.

 Om Showmax op enige mobiele toestel te kyk, het ’n mens mobiele data nodig om te stroom of af te laai as daar nie ’n Wi-Fi-netwerk beskikbaar is nie. Sekere verstellings kan gebruik word om die data wat jy gebruik, te verminder. 

5. Kos Showmax geld?

Dit hang af.

Vir intekenare op DStv is daar geen koste nie. Hulle kry die volle Showmax-diens sonder enige bykomende koste. Intekenare op DStv Compact en Compact Plus kry Showmax vir R49 per maand.

Enigiemand anders kan Showmax vir R99 per maand kry én hulle kan die diens 14 dae lank gratis op die proef stel.

Showmax is ook beskikbaar deur koeponne wat beskikbaar is by die meeste groot winkels soos Pick ’n Pay, CNA en Game asook deur die lojaliteitskaarte van die meeste banke soos FNB se eBucks.

Om Showmax te gebruik, het jy internettoegang nodig. 

6. Is daar flieks en reekse op Showmax wat nie op DStv is nie?

 

 Ja! Daar is ook die gewilde Tali’s Wedding Diary wat spesiaal vir Showmax gemaak is. Showmax is ook die enigste plek waar jy kan kyk na hoog aangeskrewe reekse soos Marvel’s Cloak & Dagger, Marvel’s Runaways, die romkom Younger en reekse van HBO soos The Deuce, The Young Pope en Animals S1-S2

Dit is ook die enigste stromingsdiens in Suid-Afrika wat Hulu Originals, The Handmaid’s Tale, Harlots en Casual and Difficult People bied. As dit nog nie genoeg is nie, gaan soek na die volledige stelle van gewilde reekse soos Game of Thrones, Friends, Sex and the City, Insecure, Ballers, Girls, Downton Abbey en verskeie seisoene van Grey’s Anatomy, The Big Bang Theory en baie ander. 

As dit kom by dokumentêre, het Showmax ’n hele klomp aangrypende dokkies soos Birthright: A War Story en Conor McGregor: Notorious. Daar is ook fantastiese sportdokkies soos AB de Villiers, Springbok Season Review, FIFA World Cup Shocks en vele meer.

Gaan teken nou in op Showmax »

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier