Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Verseker jou voertuig by Sasria teen betogings – voor dit te laat is
Betogers in Kleinmond het die bakkie uitgebrand tydens onluste wat in September uitgebreek het weens ongelukkigheid oor ‘n tenderproses. Foto: Netwerk24

Jy dink dit is iets wat nie met jou kan gebeur nie – tot dit gebeur: jy beland in die pad van woedende betogers en jou voertuig word uitgebrand. 

'n Mens hoef maar net na onlangse nuusberigte te kyk om te besef dat hierdie situasie 'n realiteit is. 

Op 14 September is 'n vragmotor en 'n bus tydens 'n betoging in Lephalale in Limpopo aan die brand gesteek. Die betoging het moontlik verband gehou met stakende mynwerkers.

In dieselfde week het die onrus in Kleimond in die Wes-Kaap sulke groot afmetings aangeneem dat inwoners hul voertuie na Hermanus verskuif het omdat betogers gedreig het om dit uit te brand. “Die betogers hardloop soos miere oor die berg en steek alles aan die brand,” is hoe een inwoner die toneel beskryf het. Die onrus, waartydens petrolbomme gegooi is, hou verband met ongelukkigheid oor 'n tenderproses. 

In Augustus vanjaar is drie motors uitgebrand en nog 15 voertuie beskadig in Westville, buite Port Elizabeth. Die onrus het uitgebreek weens inwoners se ongelukkigheid oor 'n gesloer met behuisingsprojekte. 

Die polisie in Port Elizabeth op die toneel waar betogers in Augustus drie motors uitgebrand en nog 15 beskadig het. Foto: Netwerk24

Jou voertuig is een van die duurste aankope wat jy in jou lewe maak. Juis daarom maak dit sin om die beste moontlike verskering daarvoor te kry. Sasria SOC Ltd (Sasria) bied juis aan motoreienaars dié soort versekering. 

Sasria is 'n maatskappy in staatsbesit en die enigste korttermynversekeraar wat dekking bied aan alle individue en ondernemings wat bates in Suid-Afrika het, asook aan regeringsentititeite wat blootgestel is aan spesiale risiko’s soos burgerlike oproer, openbare wanorde, stakings, betogings en terrorisme. 

Om jou motor vir persoonlike gebruik deur Sasria teen stakings of opstande te verseker, betaal 'n individue slegs R2 per maand of R20 per. In die geval van totale verlies van die voertuig, sal Sasria die kleinhandelwaarde van die motor uitbetaal.

Vir individue beteken dit gemoedsrus, maar dié soort versekering kan die verskil tussen sukses en mislukking beteken vir sakeondernemings wat voertuie gebruik vir die lewering van hul produkte of dienste.

As jy die eienaar van 'n vloot voertuie is wat goedere vervoer, is jou voertuie nie net soveel blootgestel aan skade as 'n private voertuigeienaar nie – jou voertuie en kosbare vrag is dikwels 'n teiken vir betogers en oproermakers. 

In Suid-Afrika word die tweede helfte van die jaar gekenmerk deur loononderhandelings en staan dit bekend as stakingseisoen. Moeilike ekonomiese omstandighede, politieke onsekerheid, die toename in diensleweringsbetogings en die geweld wat daarmee gepaard gaan skep 'n realiteit waarbinne voertuigeienaars die beste moontlike voorsorg moet tref teen moontlike skade. 

Sasria bied dekking aan motors, ligte afleweringsvoertuie, kommersiële voertuie, vlootmotors, motorhandelaars, mobiele aanlegte, taxi’s, sneldiensbusse en sleepwaens. Besoek http://www.sasria.co.za/special-risk-insurance/motor/ vir meer inligting. Bemagtig jouself vandag met kennis om voorkomend op te tree om skade te voorkom wat jy nie kan bekostig nie. 
Sasria is 'n goedgekeurde finansiële diensverskaffer (FDV-nommer: 39117).

Meer oor:  Promosie  |  Sasria  |  Versekering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.