Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Watter Afrikaanse woorde beskryf dié bekendes die beste?

Afrikaans is nie net #onmisbaar nie. Dit is sommer ook net lekker en kan oral ingespan word. So is daar 'n woord of twee in Afrikaans wat elke Afrikaanse kunstenaar na aan die hart lê en wat hom of haar die beste opsom.

Netwerk24 het by ‘n paar Afrikaanse kunstenaars gaan uitvind watter Afrikaanse woord hul uitkyk, lewe en persoonlikheid die beste saamvat, en waarom dié woord hulle die beste beskryf.

Minki van der Westhuizen Foto: Argief

Vir die model en televisie-aanbieder Minki van der Westuizen is “dankbaar” die woord wat haar die beste opsom. Dié ma van Katerien (5), Elise (3) en Elsa (5 maande) sê daar is nie 'n beter woord wat haar beskryf nie. “Dit is die kern waarvolgens ek leef en dit laat my elke dag opnuut besef hoe groot God se genade is.” 

Tracey Lange Foto: Argief

Tracey Lange, borrelende radio- en televisie-aanbieder, sê daar is sommer ‘n hele klomp woorde wat haar opsom. Dit is onmoontlik om net één woord te kies. Sy het haar onlangs by die radiostasie Kfm se oggendprogram van 09:00 tot 12:00 aangesluit en is ook 'n aanbieder van die geselsprogram Tussen Ons. Sy het Ingrid Jones, wat saam met haar die program aanbied, gevra om te help woorde kies. Hulle het saam besluit op: “Borrel in die bottel”, “uitbundig”, “knus” en “sprankel”

Irshaad Ally vertolk die hoofrol in Nommer 37.

Irshaad Ally, wat die rol van Rhafiek Samsodien in die sepie Suidooster vertolk en ook te sien is in die rolprent Nommer 37, sê hy laat nooit gras onder sy voete groei nie. As daar een woord is wat hom beskryf, is dit “dala”. “Dis bietjie van ‘n Afrikaanse slang-woord, maar dit beteken "om te doen". "Ek staan beslis nie terug as dit daarby kom om dinge te laat werk nie."

Armand Aucamp

Armand Aucamp, wat tans repeteer vir die nuwe Shakespeare in Love-toneelstuk in die Fugard-teater in Kaapstad, sê die woord wat hom die beste opsom verander van tyd tot tyd. “So 'Armand van 2005' se woord sou 'hardkoppig' gewees het. Maar ek het grootgeword en nou dink ek 'Armand van 2018' se woord is 'uitspattig'. Die lewe is te kort om in vrees te leef; doen wat jy wil doen!” 

Marc Lottering

Die grapjas Marc Lottering sê die woord wat hom die heel beste opsom, is "lekker". Of hy nou Aunty Merle, Smiley, Colleen of Galatia op die verhoog is, dit is sy heel gunstelingwoord. “Dit vang my werk, hoe ek lyk en my houding oor die lewe vas. My raad aan al my tjommies is maar altyd: Wees net lekker!”


Afrikaans is #onmisbaar in die mond van sy mense. Besoek Afrikaans.com vir meer. Vertel ons op sosiale media met die hutsmerk #onmisbaar wat Afrikaans vir jou besonders maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.