Gee vir Ross Symons (32) 'n Chappie-papier, 'n kwitansie of selfs 'n servet en hy vou vir jou iets. Of dit nou ’n blom is, ’n uil of selfs Yoda, die geliefde karakter uit die rolprent Stars Wars. Hy kan hom maak.
Ross Symons het Yoda gevou en dit op Instagram opgelaai.
Dit
is nou al byna tweede natuur en iets wat hy so te sê vervolmaak het in die
sowat 10 maande wat hy nou al elke dag ’n origami-kunswerk vou.
Met
dié poging van hom volg hy ’n baie gewilde neiging. Soos, byvoorbeeld, die
kunstenaar Lorraine
Loots skilder 365 miniatuurportrette. Omdat die portrette so klein is (soms nie groter
as ’n R1-muntstuk), noem mense haar Mierneef. Nog ’n kunstenaar, Diek Grobler, skep ook elke dag die
jaar ’n skildery wat hy dan op Facebook aan die hoogste bieër verkoop.
“Dis
interessant om iemand se vordering te volg. Vir my is dit ook ‘n lekker uitdaging om
elke dag iets te vou,” sê Symons, ’n webontwikkelaar wat graag ’n loopbaan in
papiervou wil volg.
Dié Kapenaar het vanjaar
op die sosiale netwerk Instagram elke dag ’n ander origami-werk, wat hy gevou
het, opgelaai. In die begin van die jaar het hy 120 volgelinge gehad en vandag het hy
’n allemintige 47 059.
“Ek
kon aanvanklik net ’n haas of ’n kraanvoël vou, maar ek het al soveel boeke
gelees dat ek nou, 10 maande later, baie ingewikkelder werke kan vou.”
Symons
sê al
het hy ’n
weeklikse tema probeer volg sodat hy darem effens vooruit kon beplan, het hy
nie elke aand gewonder wat hy die volgende dag sou vou nie. As hy dit moes
doen, sou die projek nie so suksesvol gewees het nie. Hy sou eenvoudig te
veel daaroor getob het.
Sommige
origami-werke vat hom 2 uur om te vou en ander net 6 minute. By elke
Instagram-inskrywing dui hy die tydsduur van dié bepaalde werk aan.
“Ek
vou enige papier wat ek in die hande kry. Soms gebeur dit dat ek iets vou en in
my sak steek. Dan vergeet ek
daarvan en die broek beland in die wasmasjien…
Volg
sy vordering op Instagram by @white_onrice.