Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sepiester looi Sunette Bridges oor ras
Beledigings vlieg ná haar kritiek
Vinette Ebrahim praat oor die rasse-debakel tussen haar en met Sunette Bridges se ondersteuners . Foto: Nelius Rademan

’n Bekgeveg het Vrydag tussen die aktrise Vinette Ebrahim, bekend om haar rol as Charmaine in 7de Laan, en Sunette Bridges se volgelinge uitgebreek.

Dít het gebeur nadat Ebrahim vir Bridges daarop gewys het dat dit nie nét wit mense is wat deur misdadigers geteiken word nie.

Ebrahim is egter gou deur Bridges en haar ondersteuners vir ’n rassis uitgekryt wat meen “wit mense verdien volksmoord”.

“Geelbek”, “h****t”, “m**d” en “papsaksuiper” is van die woorde wat sy toegesnou is nadat een van haar inskrywings wat aan Bridges gerig is wyd op sosiale media versprei is.

Ebrahim het in Engels geskryf:

“Ja, ek sukkel met Afrikaans, dit is ’n aangenome taal. So laat my asseblief toe om jou in my Moedertaal te beledig.”

Sy haal Bridges dan aan waar sy volksmoord as die stadige, beplande uitwissing van ’n volk aan alle fronte – sosiaal, polities en ekonomies – beskryf het.

“Wel, hoe voel dit, Sunette Bridges, om die skoen te dra wat my mense so lank moes dra? Hoe voel dit om die vertrapte minderheid te wees? Hoe voel dit om daagliks vir jou lewe te vrees? Hoe voel dit om ’n tweedeklas-inwoner in jou geboorteland te wees? Die enigste verskil is dat jy nooit weer vryheid gaan ervaar soos jy dit geken het nie. Jy het dit onmoontlik gemaak vir jouself en mense soos jy. Rassiste. Aanvaar dit, ‘baasskap’ het verdwyn om nooit weer te verskyn nie.

20 000 mense – wit, swart, bruin, Indiër – is in 2014 doodgemaak. Ons almal lewe in vrees.
Sunette Bridges

“Wel, hoe voel dit, Sunette Bridges, om die skoen te dra wat my mense so lank moes dra? Hoe voel dit om die vertrapte minderheid te wees? Hoe voel dit om daagliks vir jou lewe te vrees? Hoe voel dit om ’n tweedeklas-inwoner in jou geboorteland te wees? Die enigste verskil is dat jy nooit weer vryheid gaan ervaar soos jy dit geken het nie. Jy het dit onmoontlik gemaak vir jouself en mense soos jy. Rassiste. Aanvaar dit, ‘baasskap’ het verdwyn om nooit weer te verskyn nie.

“Jy is ’n opportunis, iemand wat vrees aanblaas (’n fearmonger) en jy buit die onderopgevoede Afrikaner uit. Jy en Steve Hofmeyr, jul klein Boeremag-enklave, is presies dit. Klein. Ek hou julle met groot belangstelling dop, want ek glo julle is parasiete met ’n agenda.”

Bridges het die boodskap op haar eie Facebook-blad gedeel, wat die reaksie onder haar volgelinge tot gevolg gehad het.

Bridges het aan Debreé Kluge gesê Ebrahim se “kwetsende aanmerkings rakende die moorde op blankes” is vir haar niks nuuts nie.

“Mense soos Vinette (Ebrahim) is volop. Sy sal bes moontlik ’n sterretjie op haar voorkop kry vir haar dapper stryd teen die ‘apartheidsperd’ wat steeds die skuld vir alles kry, al is hy al 22 jaar ses voet onder die grond!

Ebrahim het by navraag gesê sy staan by wat sy gesê het, maar mense moet dit in konteks sien.

“20 000 mense – wit, swart, bruin, Indiër – is in 2014 doodgemaak. Ons almal lewe in vrees.”

Ebrahim was geskok oor die rassistiese en persoonlike aanvalle op haar op Facebook, veral dié wat meen sy ly aan ’n minderwaardigheidskompleks.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.