Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ses dood en tien beseer toe lorrie, paneelwa bots

Ses plaaswerkers is Donderdag dood toe die vragmotor waarop hulle op die R40-pad tussen Witrivier en Hazyview vervoer is, in ’n botsing met ’n paneelwa omgeslaan het.

Moeti Mmusi, woordvoerder van Mpumalanga se departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê die vragmotor het volgens ooggetuies links van die geel streep aan die kant van die pad gery. ’n Paneelwa het glo agter die vragmotor gery.

“Die paneelwa het die vragmotor probeer verbysteek, maar die lorrie het besluit om uit die geelstreep-baan terug in die korrekte baan te beweeg,” het Mmusi gesê. Die voertuie het gebots en albei het omgeslaan.

“Tien mense is ernstig beseer en na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

“Een persoon wat ernstig beseer is, is per helikopter hospitaal toe geneem.”

Albei die voertuie se bestuurders het met net ligte beserings daarvan afgekom, het Mmusi gesê. – Sapa

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.